Landbou Boerekos

Vrugtige baklava-samoesas

-

My weergawe van baklava is ook ’n ode aan my Suid-Afrikaanse erfenis. Baklava in die vorm van ’n samoesa.

Stroop

(sien metode)

Vulsel

100 g elk pekanneute, haselneute en amandels 125 ml gesmelte botter, plus ekstra vir smeer 50 g droë bosbessies ( cranberrie­s)

5 ml fyn kaneel

1 ml elk fyn neutmuskaa­t en naeltjies

2-3 ml gemengde speserye

1 pak fillodeeg

Stroop: Verhit 250 ml suiker, 125 ml heuning, 30 ml suurlemoen­sap en 190 ml water saam in ’n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is, voor die mengsel kookpunt bereik. Kook vir 4 minute, sonder om te roer, en laat dan heeltemal afkoel.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Versprei al die neute op ’n bakplaat en bak vir 15 minute. Laat heeltemal afkoel. Smelt die botter en hou eenkant. Kap die bosbessies grof. Kap die neute fyn en voeg die bosbessies, speserye en gesmelte botter by. Meng en hou eenkant. Smelt nog botter om die deeg mee te verf. Sny die deeg in repe van 6 cm elk. Werk met een reep deeg op ’n slag en bedek die res. Skep ’n lepel van die neutevulse­l op die bopunt van die reep deeg, vou die een hoek van die deeg oor die vulsel om ’n driehoek te vorm en hou aan om te vou tot ’n netjiese driekhoek gevorm is. Verf met botter en pak op ’n bakplaat. Herhaal die proses met die res van die deeg en vulsel. Bak die samoesas tot goudbruin en bros. Haal uit die oond en bedruip dadelik met die koue stroop. Lewer ongeveer 50 samoesas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa