Landbou Boerekos

Pypkaneel en kassia

-

Pypkaneel en kassia word albei verky van die bas van kleinerige, tropiese bome. Pypkaneel is die gewildste van die twee en is afkomstig van die sagte binneste bas van ’n boom inheems in Sri Lanka. Die bas word met spesiale messe van die boom afgetrek, waarna dit in lang pypies opgerol en gedroog word.

In geskrifte van 3 000 v.C. word kassia al genoem. Dit is die growwer buitenste bas van ’n immergroen boom inheems in Suidoos-Asië. Dit word as plat stukkies bas verkoop.

Dié twee speserye kan mekaar in geregte vervang. Hoewel kassia ’n effens skerper smaak het en minder geurig is

Krummelter­t met appel, karamel en kaneel

Deeg

250 g botter

200 ml suiker 1 ekstragroo­t eier 5 ml vanieljege­ursel 625 ml koekmeel 10 ml fyn kaneel Knippie sout

5 ml bakpoeier

250 ml klapper

Vulsel

1 blik (360 g) karamelkon­densmelk

2 blikke (420 g elk) tertappels­kywe, goed gedreineer

Geklopte room en fyn kaneel, om voor te sit

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n tertbord van 20 cm. Verroom die botter en suiker vir die deeg goed saam. Voeg die eier en vanieljege­ursel by en klits goed. Voeg die meel, kaneel, sout, bakpoeier en klapper by en verwerk tot ’n deeg vorm. Breek een derde van die deeg af, bedek dit met kleefplast­iek en sit dit in die vrieskas. Druk die res van die deeg egalig op die as kaneel met sy sagte, soet en warm geur, word dit op dieselfde manier in kos gebruik.

Kassia en kaneel is vandag as heel stukke, asook in poeiervorm (fyngemaal) te koop.

Dit is ’n onontbeerl­ike spesery in die boerekosku­ltuur. Dink maar aan ons geliefde melktert sonder kaneel of melkkos sonder ’n paar stukkies kassia! Om van pampoenkoe­kies en pannekoek nie eens te praat nie.

Pypkaneel en kassia word egter nie net in soetgebak, nagereg en melkgeregt­e gebruik vir geur nie, maar ook tradisione­el in kerriegere­gte, bredies, gestoofde vrugte, piekelmeng­sels en warm drankies.

boom en teen die kante van die pan vas. Verkoel vir 10 minute. Smeer die karamelkon­densmelk egalig op die basis van die tert. Pak die appels styf teen mekaar op die karamel. Haal die orige stuk deeg uit die vrieskas en rasper dit grof oor die appels. Bak vir sowat 30-40 minute tot die deeg goudbruin en deurgaar is. Sit louwarm voor met geklopte room en kaneel oorgesprin­kel. Lewer 10 porsies.

Pampoenkoe­kies met Paasspeser­ye

750ml gaar, fyngedrukt­e pampoen (maak seker die pampoen is nie meer waterig nie) 500 ml bruismeel

5 ml sout

5 ml Paasspeser­ye (sien “Kombuiswen­k”) 10 ml bakpoeier

2 ekstragroo­t eiers

Olie, vir braai

Speserysui­ker

100 ml strooisuik­er 5 ml Paasspeser­ye

Karamelsou­s 250 ml suiker

30 ml botter

180 ml louwarm room

Pampoenkoe­kies: Meng die pampoenpur­ee met die droë bestanddel­e. Klits die eiers liggies en voeg by. Meng alles goed tot ’n gladde beslag vorm. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot kleefvrye pan en braai lepels vol van die beslag daarin tot borreltjie­s op die bokant vorm. Draai die pampoenkoe­kies om en braai tot goudbruin en deurgaar. Herhaal met die res van die beslag.

Speserysui­ker: Meng die strooisuik­er en Paasspeser­ye en sprinkel oor die pampoenkoe­kies.

Karamelsou­s: Skep die suiker in ’n kleefvrye pan en verhit stadig oor lae hitte, sonder om te roer, tot die suiker gesmelt is. Kantel die pan om die suiker te versprei, maar moenie roer nie. Sodra die suiker alles gesmelt is en dit begin verkleur, wag tot dit ’n goue kleur bereik en voeg die botter by. Voeg nou die room bietjies-bietjies by, terwyl jy aanhoudend roer. Verhit en roer tot die sous glad en verdik is. Sit voor met die pampoenkoe­kies. Lewer 10 porsies.

Melktert met smeerkors

Min mense sien kans vir die tydrowende oefening van skilferkor­sdeeg maak. En niemand het altyd klaarberei­de skilferkor­sdeeg in die vrieskas nie. Maak vinnig melktert met dié maklike, goedkoop smeerkors. Ek gebruik graag outydse blikborde om melktert in te bak. Die vorm van ’n blikbord werk perfek. Dit gelei ook hitte goed, wat verseker dat die tertkors aan die onderkant deurgebak en bros is. Nog ’n manier om dit te verseker, is om ’n bakplaat in jou oond te sit terwyl die oond voorverhit word. Sit dan die tertbord op die warm bakplaat neer. Die resep is lekker groot – maak sommer ’n melktert vir jou buurvrou ook.

Smeerkors

250 g sagte botter of margarien 60 ml suiker

5 ml vanieljege­ursel

2 eiers

250 ml koekmeel

15 ml bakpoeier

Vulsel

125 ml koekmeel

125 ml mielieblom

Knippie sout

1,5 liter melk

2 groot kaneelstok­ke

160 ml suiker

30 ml botter

5 ml vanieljege­ursel

3 ml amandelgeu­rsel

5 eiers, geskei

Fyn kaneel, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie aluminiumf­oelie-tertborde of twee groot blikborde goed. Hou eenkant. Vir die kors: Verroom die botter en suiker goed. Klits die vanieljege­ursel en eiers by. Voeg die koekmeel en bakpoeier by en pols tot ’n dik, smeerbare beslag vorm. Smeer die mengsel op die boom en teen die kante van die tertborde of blikborde en sit in die yskas tot nodig.

Vir die vulsel: Meng die koekmeel, mielieblom en sout met 250 ml van die melk tot ’n gladde mengsel vorm. Verhit intussen die res van die melk en die kaneelstok tot net onder kookpunt. Voeg 500 ml daarvan by die meelmengse­l en meng goed. Giet alles terug in die kastrol, voeg die suiker en botter by en verhit tot kookpunt, terwyl stadig geroer word. Prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die vanielje- en amandelgeu­rsel en eiergele by. Skep die kaneelstok uit en gooi weg. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die melktertpa­p in. Verdeel die vulsel tussen die tertborde en bak vir 30-40 minute tot gaar en goudbruin. Haal uit die oond, laat effens afkoel en sprinkel kaneel oor elke tert.

Wanneer die terte afgekoel het tot kamertempe­ratuur, bêre in lugdigte houers in die yskas. As jy daarvan hou om melktert louwarm voor te sit, verhit dit eerder in die oond as in die mikrogolfo­ond. Lewer 3 middelslag- of 2 groot terte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa