Landbou Boerekos

ROTI EN NAANBROOD

-

Bakpoeier-roti

Jy kan die roti klaar uitrol en dan vries, vir later se braai. Die deeg vries uitstekend.

1 kg koekmeel

5 ml bakpoeier

7-10 ml sout

100 g botter

250 ml warm water (plus ekstra, indien nodig) Ekstra meel, vir knie en om roti’s te besprinkel 250 ml verhelderd­e botter (ghee)

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter daarby in. Voeg die warm water bietjie vir bietjie by en meng tot ’n gladde deeg vorm (jy sal dalk ’n bietjie meer as 250 ml water nodig kry). Plaas die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak en knie liggies. Verdeel in 10 ewe groot dele. Rol elke stuk deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak so dun moontlik in ’n sirkelvorm uit. Smeer elke deegsirkel met 10 ml ghee en rol soos ’n konfytrol op om ’n deegworsie te vorm. Draai die deegworsie dan om jou vinger om ’n spiraal te vorm en druk die punt deur die gat waar jou vinger was. Bedek met kleefplast­iek. Doen dieselfde met elke stuk deeg. Druk die deegspiral­e plat en rol elkeen weer dun uit (tot sirkels van ongeveer 20 cm groot). Verhit van die orige ghee in ’n pan en braai elke roti daarin tot goudbruin, deurgaar en vlokkig. Plaas die warm roti’s in ’n teedoek en klap dit heen en weer tussen jou handpalms om dit ekstra vlokkig te maak.

Lewer 10 groot roti’s.

Jogurtnaan­brood

Meng 430 ml bruismeel en4 ml sout saam in ’n bak. Voeg 250 ml dik, natuurlike jogurt by en maak aan tot ’n deeg vorm. As die deeg baie klam is, voeg ’n bietjie ekstra meel by tot die deeg nie aan jou hande vassit nie. Verdeel die deeg in 6-8 stukke en rol elke stuk op ’n meelbestro­oide oppervlak plat uit in ’n reghoekige of ovaalvorm. Verhit ’n droë, kleefvrye riffelpan en braai die brood vir ongeveer 2 minute aan elke kant tot goudbruin buite en deurgaar. Haal dadelik uit die pan en verf die warm brood aan albei kante met ’n lagie gesmelte botter of olyfolie. Lewer 6-8 naanbrode.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa