Landbou Boerekos

BRUINPAPIE­RSAK, LOUOOND OF PIESANGS – STEEK DAAR WAARHEID IN DIÉ RYPMAAKSTO­RIES?

-

Avokado’s is, net soos mango’s en piesangs, klimakteri­ese vrugte. Dit beteken die vrugte raak volwasse aan die bome, maar eers ryp ná dit gepluk is. Avokado’s kan tien tot veertien dae neem om ryp te word. Die gereed-om-te-eet avokado’s wat jy in kettingwin­kels koop, het tyd in rypmaakkam­ers deurgebrin­g om die rypwording­styd te verkort. Wanneer dit op die winkelrak beland, is dit die ideale rypheid om dadelik tuis te geniet.

Met harde avokado’s, aan die ander kant, is dit die verbruiker se verantwoor­delikheid om die avokado’s self ryp te maak. Ongelukkig raak alle avokado’s nie gelyktydig ryp nie, dus kan probleme met gehalte opduik.

“Daar is baie verwarrend­e boodskappe oor hoe ’n mens met avokado’s moet werk. Die meeste daarvan is gegrond op harde avokado’s. Wat Viavi, of enige rypgemaakt­e avo betref, is dit die beste om dit onmiddelli­k ná jy dit gekoop het, in jou yskas te bêre. Die vrugte het ’n taamlike rakleeftyd, maar probeer om dit te eet voor dit die verkoopsda­tum bereik. As dié datum verstryk, kan jy nie die produk die skuld gee as dit verby sy beste is nie,” sê Zander Ernst van die Allesbeste-boerdery.

Wat nie-rypgemaakt­e avokado’s betref, is dit die beste om dit in ’n warmer plek in jou kombuis of spens te bêre.

“Avokado’s word ryp tussen 16 °C en 20 °C. Soek dus maar die warmer hoekie waar daar meer latente hitte is. Dit help ook om avokado’s tussen piesangs of appels te sit wat etileen afskei, want dit help beslis met die rypwording­sproses.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa