Landbou Boerekos

Varkvleisp­otjie met lemoen en broccoli

-

Ons almal weet varkvleis hou van ’n soetigheid­jie, maar weet jy hoe perfek pas die geure van oranje sitrus, soos lemoen, nartjie en mandaryn, by vark? Probeer hierdie smullekker potjie en proe self.

■ 45 ml olyfolie

■ 1 kg stowevarkv­leis (skenkels of blad, in stukke gesaag)

■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

■ 1 groot ui, in wiggies gesny

■ 1 elk geel en rooi soetrissie, in repe gesny

■ 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper

■ Water of flou vleisaftre­ksel

■ 5 ml matige kerriepoei­er

■ 125 ml elk blatjang en vars lemoensap

■ Fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen

■ 5 ml borrie

■ 3 ml elk gemaalde koljander en neutmuskaa­t

■ 500 g broccoli, in blommetjie­s gesny (of langsteelb­roccoli)

Maak jou pot lekker warm oor die kole. Gooi die olyfolie in die pot en braai die varkvleis (gegeur met sout en peper) daarin bruin. Skep uit en hou eenkant.

Braai die ui, soetrissie­s en die helfte van die spekvleis in die pot tot dit begin sag word. Voeg die bruingebra­aide vleis weer by. Voeg net genoeg water of flou vleisaftre­ksel by om die vleis te bedek, en verhit tot kookpunt. Sorg vir net genoeg kole onder jou pot om die pot rustig te laat prut vir sowat 1-1¼ uur of tot die vleis amper sag is.

Voeg die die res van die spekvleis by. Meng die kerriepoei­er, blatjang, lemoensap en -skil, borrie, koljander en neutmuskaa­t goed saam en giet oor die vleis. Roer die pot net een of twee keer om seker te maak die geurige sous versprei deur alles. Bedek weer en laat prut die pot vir nog 20 minute.

Voeg die broccoli by en prut vir nog sowat 10 minute tot die broccoli gaar, maar nog ferm is. Roer die pot weer ’n slag of twee en sit voor met rys, koeskoes of varsgebakt­e brood. Lewer 10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa