Landbou Boerekos

LOUIS DE KOCK UIEBOER

-

VINNIGE VRAE

Hoekom is uie so ’n belangrike gewas vir Wildeklawe­r?

Uie is eintlik ’n tipe woestyngew­as. Ons droër klimaat stel ons in staat om ’n ui van goeie gehalte te kweek, wat ons van Oktober tot Maart oes. In volproduks­ietyd hanteer ons sowat 3,15 miljoen uie per dag, wat beteken ons kan binne drie weke vir elke Suid-Afrikaner ’n ui gee. Ons versprei hoofsaakli­k na kettingwin­kels en varsproduk­temarkte reg oor die land, maar voer ook veral soet uie uit.

Wat is nodig vir sukses met uieboerder­y?

Die Engelse spreekwoor­d know one’s onions beteken nie verniet dat jy ’n kundige op jou gebied moet wees nie. Uie is baie ingewikkel­der as net ’n saadjie en ’n plantjie. Jy moet verskeie goed reg doen. Dit begin met jou saadbeddin­g en die regte plantestan­d, anders kan jy nie uie van die regte grootte en gehalte verwag nie. En dan die versorging­sproses: As jy te veel water gee, kry jy siektes; as jy te min gee, het jy nie ’n goeie opbrengs nie.

Hoe belangrik gaan ’n biologiese benadering in die toekoms wees? Dit is maklik om meer chemikalie­ë te gebruik, maar die kuns is om die beste produk moontlik op ’n biologiese en verantwoor­delike manier te produseer. Ons plant byvoorbeel­d vanggewass­e sodat die siektes eerder dié plante takel as die uie, sodat ons minder

hoef te spuit. Ons het ook ons landerye met laser gelyk gemaak sodat water nie op die lande staan en kolle skep waar siektes kan gedy nie.

Dit beteken ons gebruik minder swammiddel­s.

Ons lande se grond is ook gehomogeni­seer, sodat ons oraloor dieselfde hoeveelhei­d kunsmis en water kan toedien. Dit verseker meer konstante opbrengste en gehalte.

Watter tipe uie is beskikbaar?

Buiten die bekende bruin ui, kry jy ook rooi-uie, soet uie en spierwit uie. Laasgenoem­de is ’n skerper ui en word min in Suid-Afrika gebruik, maar dit is gewild in Mexiko.

Die soet ui neem tans die Amerikaans­e mark oor. Dit is ’n baie gerieflike ui, want dit het al die eienskappe van die bruin ui, maar is nie so skerp nie en laat dus nie jou oë traan nie. Ek is verbaas dat dit nog nie meer aftrek hier kry nie, maar dit is slegs van November tot April beskikbaar. Ons is die enigstes wat dit produseer.

 ??  ?? Louisous dee Kock van Wilde klawer, ’n mega-groenteboe­rdery naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap.
Louisous dee Kock van Wilde klawer, ’n mega-groenteboe­rdery naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa