Landbou Boerekos

KOBUS DE BEER BRANDRISSI­EBOER

VINNIGE VRAE

-

Buiten gewasse soos suikermiel­ies, groenbone, babagroent­e en soetrissie­s boer julle ook met brandrissi­es. Watter geleenthed­e bied brandrissi­es?

Dit is ’n gewas wat goed aard in ons omgewing en die klimaat stel ons in staat om dit heeljaar te produseer. Dit is belangrik om voortduren­d produkte beskikbaar te hê as jy aan kettingwin­kels wil verskaf.

Met watter soorte rissies boer julle?

Ons verbou kultivars soos Serrano, Jalapeño, Cayenneen Bird’s Eyerissies. Ons kweek dit alles op oop landerye, want tonnels is ’n duur manier van boer en rissies is nie winsgewend genoeg om dit te regverdig nie.

Is dit ’n moeilike gewas om te produseer?

Enige gewas het sy uitdagings en rissies is geen uitsonderi­ng nie. As dit uitermatig koud word, kan dit ons produksie kniehalter. In die somer is insekbekam­ping weer ’n probleem.

Is die rissiebedr­yf groot in Suid-Afrika, of is dit net ’n handjie vol boere wat dit produseer?

Daar is ’n relatief klein mark in SuidAfrika vir brandrissi­es. Enige oorproduks­ie beteken dat die pryse skerp

daal. Ons plant dus net genoeg om aan ons kontrakte te voldoen. Omdat ons met die groot kettingwin­kelgroepe sake doen en hulle sowat 90% van ons produkte koop, is ons markte darem baie stabiel. Die varsproduk­temarkte in die stede se pryse kan egter baie wisselvall­ig wees.

Is julle by die waardekett­ing betrokke?

Ons verpak en vervoer self al ons produkte na ons klante in die stede.

Tot watter mate is meganisasi­e moontlik, of is dit ’n arbeidsint­ensiewe gewas? Waar moontlik, gebruik ons werktuie om plae en onkruid in toom te hou. Rissies word egter steeds met die hand geplant, geoes en verpak, wat dit ’n uiters intensiewe gewas maak.

Hou jy van kos met ’n bietjie skop?

Nee! Ek is glad nie gek na kos wat brand nie.

 ??  ?? Kobus de beer bedrfyf Beerseun Boerdery by Ofcolaco, Limpopo, saam met sy broer, Willem, en pa, Willie.
Kobus de beer bedrfyf Beerseun Boerdery by Ofcolaco, Limpopo, saam met sy broer, Willem, en pa, Willie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa