Landbou Boerekos

JOACHIM PRINSLOO GEMMERBOER

VINNIGE VRAE

-

Hoekom werk gemmer so goed saam met die res van jou boerderyve­rtakkings?

Piesangs, makadamias én gemmer is almal arbeidsint­ensiewe gewasse. In die stiller tye, wanneer die piesangs en makadamias nie so baie hande vereis nie, kan ek die arbeid daar wegneem en by die gemmer, wat ’n intensiewe gewas is, gebruik. Dié ekstra arbeid maak dit baie makliker om te bestuur.

Gemmer groei vinnig en jy haal baie kilogramme van ’n hektaar af. Dit haal egter ook baie voedingsto­wwe uit die grond. Ons plant gemmer op grond waar ons ou avokadoboo­rde, wat sowat 40 jaar oud is, vervang. Dit gee die grond kans om te rus en van opgeboude virusse ontslae te raak. Ná ’n jaar het ek dan mooi skoon grond waarop ek weer avokadobom­e kan plant. Wanneer ek deur die avokado-grond is, doen ek dieselfde met die makadamiab­oorde.

Boere het seker die hoë gemmerprys vroeër vanjaar verwelkom?

’n Mens moet besef alles wat styg, moet in ’n stadium weer daal. Vir elke aksie is daar ’n reaksie. Die hoë prys wat ons vanjaar gekry het, het ons boere kans gegee om weer ons koffers vol te maak. Jy moet die koffer vol hou, want in ’n stadium sal dit weer swaarder gaan.

Wat is gemmerboer­e se grootste probleme op die oomblik?

Nuwe boere wat die bedryf betree en dikwels swak beheer toepas of min integritei­t aan die dag lê. Ons ondervind dat gemmer wat uit China ingevoer en op ’n mark aangekoop word, net so geplant word. Dit is sonder om dit eers vir virusse of ander siektes te toets. Só word siektes in die grond en die omgewing versprei.

Wat verwag jy van die komende seisoen? Dink jy die bedryf gaan groei?

Die bedryf kan net uitbrei as daar meer verbruiker­s is. Ek dink die hoë pryse het verbruiker­s dalk afgeskrik, dus kan ek nie insien hoe die bedryf kan groei nie. Daar gaan waarskynli­k vanjaar te veel gemmer geprodusee­r word.

Is jy lief vir gemmer? Ja, ek hou daarvan saam met heuning in my tee of op brood.

 ??  ?? JJoachimhi PPrinslooi­l ( regs) ) en sy pa, dr. Jan Prinsloo, van Sunreaped Edms. Bpk. boer al sedert 2000 op hul plase Langspruit en Mount Grace in die Kiepersol-omgewing.
JJoachimhi PPrinslooi­l ( regs) ) en sy pa, dr. Jan Prinsloo, van Sunreaped Edms. Bpk. boer al sedert 2000 op hul plase Langspruit en Mount Grace in die Kiepersol-omgewing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa