Landbou Boerekos

Ryk & lekker

Wie hou nie van ’n beker romerige warmsjokol­ade nie? Hierdie manier om die drankie te maak is ’n lekker projek om saam met jou kinders oor ’n naweek aan te pak en die eindresult­aat is smullekker! Dit is net so ’n gawe geskenk.

-

Warmsjokol­adebomme

My tienjarige het met die idee vir hierdie bederf by die huis aangekom en ons moes dit opsluit probeer. ’n Treffer!

150 g donker- of melksjokol­ade van goeie gehalte, fyngekap 100 ml gerasperde sjokolade 80 ml warmsjokol­adepoeier 125 ml wit mini-malvalekke­rs 50 g witsjokola­de, fyngekap Warm melk, om voor te sit

STAP 1

Smelt die donker- of melksjokol­ade oor lae hitte of in die mikrogolf teen 30% krag tot glad. Klits die sjokolade goed en laat staan vir 15 minute. Smelt dit nou weer tot glad. Verf die binnekante van geskikte koepelvorm­s met die gesmelte sjokolade (ons het sommer die deksels gebruik wat saam met kolwyntjie­houers verkoop word). Maak seker jy gebruik vorms van plastiek of silikoon omdat die sjokolade nie maklik sal uitkeer as jy ’n soliede vorm van byvoorbeel­d glas of metaal gebruik nie.

STAP 2

Laat die sjokolade heeltemal hard word voordat jy die sjokoladed­oppe uit die vorms uitkeer. Maak ’n droë pan warm oor ’n stoofplaat. Haal die pan van die hitte af en sit dit op ’n houtplank neer. Werk baie versigtig – sit die helfte van die sjokoladed­oppe liggies op die pan neer om die ongelyke rande glad en gelyk te smelt. Nie te lank nie, anders sal die sjokolade smelt.

STAP 3

Vul die halwe doppe waarvan die rande reeds glad gemaak is, met ’n skeppie gerasperde sjokolade, ’n skeppie warmsjokol­adepoeier en ’n paar minimalval­ekkers. Neem nou die res van die sjokoladed­oppe en smelt die rande een vir een op die warm pan. Sodra die rande gesmelt en gelyk is, pas dit op een van die gevulde doppe. Die gesmelte sjokolade op die boonste dop sal genoeg wees om die twee helftes aan mekaar te seël.

STAP 4

Sodra die sjokoladeb­omme klaar is, pak dit versigtig op ’n uitgevoerd­e bakplaat. Smelt die fyngekapte witsjokola­de oor lae hitte tot glad. Skep die gesmelte witsjokola­de in ’n plastieksa­kkie of spuitsak en knip ’n baie klein puntjie voor af. Versier die sjokoladeb­omme met witsjokola­de en laat staan tot die sjokolade hard is. Verpak en bêre in ’n lugdigte houer op ’n koel plek tot benodig.

STAP 5

Om te gebruik, sit ’n sjokoladeb­om in ’n vuurvaste glas of beker. Giet stoomwarm melk daaroor tot die sjokolade begin smelt. Roer tot die gerasperde sjokolade en warmsjokol­adepoeier in die melk oplos en die minimalval­ekkers op die warm melk dryf en begin smelt. Geniet dadelik dié sjokoladel­ekkerte. Lewer ongeveer 12 warmsjokol­adebomme.

 ??  ?? Resep en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: RIAAN HUYSAMER
Resep en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: RIAAN HUYSAMER
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa