Landbou Boerekos

SÓ SÊ ’N SJOKOLADEM­AKER

-

Ná ’n vreeslike gesukkel om plaaslik geprodusee­rde sjokolade van gehalte op die rakke te vind, het Anthony Gird en Michael de Klerk besluit om hul eie te maak. Só het Honest Chocolate in 2010 in Kaapstad die lig gesien. Anthony vertel meer.

Wanneer het julle agtergekom julle het ’n produk wat ’n besigheid kan word?

Ons vriende kon nie genoeg kry van ons tuisgemaak­te bederfies nie, en ons het besef daar is leemte op die mark vir gehaltesjo­kolade wat in Suid-Afrika gemaak word.

Waar word kakao oral geprodusee­r?

Dit kom oorspronkl­ik van Suid-Amerika, maar die meeste daarvan word deesdae in Afrika verbou. Dit kan slegs binne 20 grade van die ewenaar af geprodusee­r word, daarom kan ons nie in Suid-Afrika daarmee boer nie.

Waar kry julle dan jul kakaobone?

Aan die begin het ons met rou kakao van

Ecuador gewerk, maar deesdae word die sjokolade gemaak met organiese kakaobone uit Tanzanië. Sowat 99% van die kakao in Tanzanië is organies, dus meen ons dis die moeite werd om hulle te ondersteun. Ons het ’n verhouding opgebou met Kokoa Kamili, ’n ondernemin­g wat met sowat 2 000 kleinskaal­se familieboe­rderye werk. Hulle verskeep die bone direk na ons toe. Dit het ongeveer drie jaar geduur om dié verhouding te vestig, maar ons pogings om ’n ‘Bean to Bar’- etiese sjokolade met ’n kleiner omgewingsp­oor te produseer, was deur en deur die moeite werd.

Watter tipe suiker gebruik julle?

Ons gebruik twee soorte suiker om die kakao te versoet — onverfynde, plaaslike suikerriet en organiese klapperblo­eiselsuike­r wat ons invoer. Ons spesialise­er in donkersjok­olade met so min suiker moontlik, want dit beklemtoon die unieke geur en karakter van sjokolade. ’n Plak sjokolade met 70% kakao sal 30% suiker bevat. Dis ons enigste twee bestanddel­e. Net soos wyn of koffie, kan sjokolade met ’n enkele oorsprong of “terroir” hê. Dit beteken die geografies­e kenmerke van die grond waarin die kakao gekweek word, word in die sjokolade uitgedruk. As jy te veel suiker byvoeg, verwater jy dié smaakervar­ing.

Julle maak sjokolade op die ouskool-manier. Wat beteken dit? Al ons sjokolade word met die hand gemaak deur ons hardwerken­de, meestal vroulike, produksies­pan. Ons sorteer met die hand om slegs die beste gehalte bone uit te soek, ons rooster die bone bietjie vir bietjie in ’n aangepaste draairoost­eroond en gebruik ’n selfgemaak­te wanmasjien (wat die dop van die bone verwyder). Ons granietmeu­le werk vir meer as 24 uur om die kakaosplin­ters tot sygladde sjokolade te verwerk, sonder om dit te laat oorverhit. Elke enkele plak sjokolade word met die hand getemper op ’n marmerblad voor dit toegedraai en verpak word — ook met die hand.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Anthony Gird besig met die wanproses.
FOTO: VERSKAF Anthony Gird besig met die wanproses.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa