Landbou Boerekos

SÓ SÊ ’N SUIKERRIET­BOER

-

Rex Talmage en sy broer, Earl, is vierdegesl­ag-boere wat suikerriet verbou op hul familiepla­as, Baton Rouge, naby die Amatikhulu-suikermeul­e in KwaZuluNat­al. Hy is ook die voorsitter van die Suikerriet­kwekersver­eniging.

Hoekom is KwaZulu-Natal se klimaat en omgewing so ideaal vir suikerriet­produksie?

Suikerriet is ’n subtropies­e gewas wat hitte en vog benodig om te floreer, soos in die kusstreek van KwaZulu-Natal en die Laeveld van Mpumalanga. In KwaZulu-Natal se Middelland, waar die wintertemp­erature koeler is, duur die groeisiklu­s 24 maande, pleks van 12 maande op meer geskikte plekke.

Julle oes van April tot Desember. Wat gebeur daarna met die suikerriet?

Suikerriet word gebrand om van die bruin blare ontslae te raak. Dan kan die snyers die boonste blare, wat nie brand nie, afsny. Die riet (sowat 1 m lank) bly agter en word na die suikermeul­e geneem waar die sukrose onttrek word. Die rou suiker word verfyn, wat beteken dit word gebleik, gedroog en verpak. Die suiker word dan aan groothande­laars verkoop, wat dit gebruik om hul eie produkte te vervaardig of dit in kleiner maat verkoop. In die landerye word onkruid bestry en die suikerriet­wortels bemes sodat dit weer kan groei. Ná sowat tien siklusse word dit uitgeploeg en oorgeplant.

Hoe belangrik is die suikerriet­bedryf as werkskeppe­r?

Die bedryf ondersteun 1 miljoen mense se lewensbest­aan. Die sowat 23 000 suikerriet­boere in die land — waarvan meer as

21 500 kleinboere is — neem ongeveer 65 000 mense in diens.

Dit is 11% van Suid-Afrika se landbouwer­kmag. Dié syfers herinner ons wat op die spel is in die bedryf en wie ons ondersteun as ons plaaslike suiker in ons tee of koekiedeeg gebruik. As ons nuwe lewe in die bedryf kan blaas en dit uitbrei, kan ons nóg meer werk skep.

Watter probleme ervaar die bedryf tans?

Nie net word ons swak beskerm teen goedkoop invoer nie, maar daar was ook ongekende droogte, tuimelende wêreldprys­e vir suiker en ’n groot daling in die plaaslike vraag na suiker weens die instelling van die suikerbela­sting.

Wat kan gewone mense doen om te help?

Die suikerbedr­yf verloor sowat R4 000 vir elke ton goedkoop suiker wat oor die landgrense instroom. Die totale verlies aan inkomste het verlede jaar sowat R2,2 miljard beloop. Die slagoffers gaan uiteindeli­k die 1 miljoen lewens wees wat deur die suikerbedr­yf aan die gang gehou word. Die Home Sweet Home-veldtog is onlangs bekend gestel om verbruiker­s bewus te maak hiervan. Deur net vinnig die verpakking na te gaan en seker te maak jy koop plaaslike suiker, kan Suid-Afrikaners help om mense se lewensbest­aan te beskerm en die plaaslike bedryf help herstel.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Rex Talmage is ’n suikerriet­boer en voorsitter van die Suikerriet­kwekersver­eniging.
FOTO: VERSKAF Rex Talmage is ’n suikerriet­boer en voorsitter van die Suikerriet­kwekersver­eniging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa