Landbou Boerekos

SÓ SÊ ’N KOFFIEBOER

-

Die innoverend­e Cumming-familie van die Beaver Creek-koffieland­goed in KwaZuluNat­al is al sedert die 1980’s sinoniem met koffieprod­uksie. Nie net bedryf hulle koffieplan­tasies nie, maar voer ook koffie in, rooster die bone en werk met plaaslike koffieboer­e. Dylan Cumming is deel van die derde geslag wat dié boerdery voortsit en sorg dat verbruiker­s heerlike plaaslike koffie kan skink.

Beaver Creek is die wêreld se suidelikst­e koffieland­goed. Wat het jou familie se belangstel­ling in koffiebone aangevuur? Koffie is in ons bloed! My ouers en grootouers het in die 1980’s met koffie begin boer toe die piesangpry­s gestagneer en siektes hulle oortuig het om na iets anders te kyk. Hulle het ’n koffieplan­tasie as proeflopie gevestig. Ek en my broer het in 1999 by die ondernemin­g aangesluit. Koffie is een van daardie produkte waaroor ’n mens regtig passievol raak. Daar is soveel om te leer, vaardighed­e om te ontwikkel en ervarings om te geniet.

Min mense besef daar word koffiebone in Suid-Afrika verbou. Wat is die potensiaal van die plaaslike bedryf, as ’n mens die klimaat en ander toestande in ag neem?

Suid-Afrika het hope potensiaal om koffiebone te kweek, in die tradisione­le asook informele boerderyge­meenskappe. Suid-Afrika is geseën met duisende hektaar grond wat vir koffieplan­tasies geskik is.

Met watter kultivars boer julle?

Ons kweek en verwerk ons eie koffie, ons voer koffie van ander lande in en ons werk met ’n toenemende aantal plaaslike boere. Ons verbou ’n seleksie kultivars uit die Arabica-spesies en doen ook veldproewe met robusta ( Coffea canephora) en inheemse wildekoffi­e (Coffea racemosa). Ons eie koffie en koffie wat plaaslike boere vir ons kweek, word as koffie van enkel-oorsprong verkoop. Die plaasnaam, kultivar en verwerking­smetodes word daarop aangedui. Ons rooster self die ingevoerde koffiebone en versny dit tot ons bekende reeks van vier koffievers­nitte.

Vertel meer van die proses. Wanneer oes julle en hoe word die koffiebone verwerk?

Die proses het die afgelope honderd jaar nie veel verander nie. Ons oestyd breek in Maart aan en duur tot die einde van die winter. Ons verwyder ’n aantal lae van die vrug deur gisting, wasen droogprose­sse en maal dit sodat dit geskik is om gerooster te word, waarna die koffie gebrou kan word. Ons werk tans aan ’n voorlopige patent vir ’n nuwe verwerking­smetode, en glo dit kan ’n betekenisv­olle veranderin­g in die bedryf teweeg bring.

Wat is jou gunsteling­koffie?

Beslis ’n espresso, maar soms geniet ek dit ook saam met ’n bietjie melk in ’n cappuccino.

 ??  ?? Dylan Cumming
Dylan Cumming

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa