Landbou Boerekos

Kerrie teen die koue

Wat is beter op ’n winterdag as ’n bord kerriekos propvol warmte en speserygeu­re? Ons toetskombu­isassisten­t, Sheila Daniels, is ’n kerriemees­ter en het my oor die jare ’n paar van haar geheime geleer. Kom sit aan vir ons gunsteling-kerriegere­gte.

- Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS en SHEILA DANIELS Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS, BERNA COETZEE en RIAAN HUYSAMER

DIE BASIS VAN ’N GOEIE KERRIE

In 2006 het ek op ’n dag saam met die legendarie­se Cass Abrahams in die kombuis van ’ n nuwe restaurant gestaan waar sy aan die stuur van sake was. Sy was besig om denningvle­is en brijani te maak en ek het probeer om tussendeur ’n onderhoud vir Landbouwee­kblad met haar te voer.

Maar ek het my só verkyk aan haar geoefende hande, hoe sy die lagies speserygeu­re so bietjie-vir-bietjie in die potte opgebou het, dat ek die helfte van die goed wat ek haar wou vra, vergeet het. ’n Knypie van dit, vyf minute later ’n lepeltjie van dat. Sommer so in die gesels. Die heerlikste geure van masala, gemmer, kardemom, tamaryn en kaneel in die lug.

“Die meeste mense is bang vir speserye en gebruik dit nie reg nie. Hulle skrik of raak ontmoedig as ’n resep vir vyftien speserye vra. Maar om met speserye te kan kook, moet jy speserye verstaan,” het Cass daardie dag gesê.

“Jy gooi nie net ’n hand vol daarvan in ’n pot en kook dit saam met vleis om kerrie te maak nie.

“Maleise kookkuns gaan oor geur, ja, maar méér nog. Om ’n gereg met sorg te geur. Ek praat van lagies geur. Om sekere speserye aan die begin saam met uie te smoor, dan ander by te sit saam met die vleis, en dan weer ander aan die einde, as die vleis gaar is. Die lae speserye maak nie die kos sterk soos baie mense dink nie, dit maak dit geurig. ’n Goeie kerrie, is ’n kunswerk,” het sy beklemtoon.

Die formidabel­e viermanska­p wat die basis van die meeste goeie kerriegere­gte vorm, is uie, knoffel, vars gemmer en brandrissi­e. Vars kerrieblar­e is ’n bonus en kan net ’n positiewe bydrae tot die geur lewer. En dan, die belangriks­te van alles: Vars gehaltespe­serye.

Die grootste fout wat mense maak, is om ou speserye in kerrie te gebruik of om dit nie vooraf te rooster of te braai nie. In haar boek Indiese kookkuns vir SuidAfrika (Don Nelson-uitgewers, 1985) skryf Ramola Parbhoo dat enigiemand die verskil sal proe in ’n kerrie waarin vars speserye gebruik is.

Haar raad is om jou speserye in klein hoeveelhed­e aan te koop en in lugdigte houers te bêre. Die gemiddelde rakleeftyd van gemaalde speserye is nie lank nie en heel speserye moet liefs verkoel word as jy nie beplan om dit vinnig te gebruik nie.

Heel speserye lewer die beste geur as dit gerooster of droog gebraai word voordat dit gemaal word.

’n Goeie kerriemeng­sel

In al die resepte in hierdie artikel wat vir kerriepoei­er vra, kan jy hierdie aromatiese tuisgemaak­te kerriemeng­sel gebruik. As jy eers een keer jou eie kerriemeng­sel gemaak het, sal jy nie sommer weer ’n boksie kerriepoei­er koop nie. (As jy nie gereeld kerrie maak nie, halveer die resep of maak selfs net ’n kwart daarvan. As speserye te lank staan, verloor dit die vars geur.)

100 ml koljanders­aad

50 ml borrie

45 ml varsgemaal­de swartpeper 45 ml mosterdpoe­ier

45 ml cayennepep­er of rooipeper 45 ml fyn gemmer

45 ml gemaalde kardemom

45 ml fyn kaneel

60 ml fyn komyn

5 ml brandrissi­epoeier of gevlokte, droë brandrissi­es

Rooster die koljanders­aad in ’n droë pan, laat afkoel en stamp fyn of maal dit in ’n spesery- of koffiemeul. Meng met die res van die speserye. Bêre die kerriemeng­sel in ’n donker, lugdigte houer op ’n koel, droë plek.

Lewer ongeveer 480 ml kerriemeng­sel.

Skaapvleis­kerrie

Hierdie kerrie herinner aan tipiese Indiese masala, is gelaai met lagies speserygeu­re en is absoluut heerlik. Skraap die brandrissi­es se pitte uit of gebruik slegs een as jy nie van ’n baie warm kerrie hou nie.

500 g stoweskaap­vleis (met been), in stukkies gesaag

60 ml karringmel­k of natuurlike jogurt 5 ml fyngekapte vars knoffel

5 ml fyngeraspe­rde vars gemmer

3 ml sout

3 ml borrie

1 ml rooipeper 30 ml olie

1 kaneelstok

2 kardemompe­ule

2 uie, baie fyn gekap (of gerasper) 2 groen brandrissi­es, fyngekap

30 ml garammasal­a

250 ml kookwater, plus ekstra soos nodig 1 blik (410 g) tamatiepur­ee

30 ml fyngekapte vars koljander

Sit die skaapvleis­stukkies in ’n nie-metaalbak en voeg die karringmel­k (of jogurt), knoffel, gemmer, sout, borrie en rooipeper by. Meng goed, bedek met kleefplast­iek en laat marineer vir minstens 2 uur in die yskas. (Jy kan die vleis ook oornag in die yskas laat marineer.) Haal die vleis 1 uur voor jy die kerrie wil maak uit die yskas en laat dit kamertempe­ratuur bereik.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die kaneelstok en kardemompe­ule daarin vir ’n paar sekondes. Voeg die uie, brandrissi­es en garam masala by. Braai tot geurig. Voeg nou die skaapvleis (en al die marinade) by. Verhit tot kookpunt en laat vinnig kook, terwyl jy roer, vir ongeveer 10 minute. Voeg die water, tamatiepur­ee en koljander by en verhit tot kookpunt. Draai die stoofplaat baie laag, bedek die kastrol en prut vir ongeveer 1½ tot 2 uur of tot die vleis baie sag is. Kyk gereeld of daar nog genoeg vloeistof in die kastrol is en vul aan met kookwater, soos nodig.

Proe vir geur en voeg sout en dalk ’n knippie suiker by om die geure mooi te balanseer. Die kerrie se sous moet dik en geurig en die vleis baie sag wees voor jy dit opskep. Sit voor op gestoomde rys of met roti en rond af met ’n komkommers­alsa. Lewer 4 porsies.

Haastige groenteker­rie

’n Kerrie wat sy man kan staan as vegetaries­e hoofgereg, maar jy kan dit ook as ’n warm bykos voorsit. Dis baie maklik om te maak met ’n paar blikkies uit die koskas en groente wat ons almal in die huis het.

1 klein botterskor­sie, geskil, ontpit en in blokkies gesny

4 groot wortels, geskraap en in stukkies gesny 1 blik (410 g) klappermel­k

250 ml groenteaft­reksel

1 groot ui, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

5 ml fyngeraspe­rde vars gemmer

5 ml fyngekapte groen brandrissi­e

1 blik (410 g) gekapte tamaties

500 ml bevrore gemengde groente

1 blik (410 g) botterbone, goed gedreineer Sout, peper en ’n knippie suiker na smaak Vars koljanderb­lare, om af te rond

Verhit die botterskor­sieblokkie­s, wortels, klappermel­k en aftreksel saam in ’n kastrol tot kookpunt. Prut liggies tot die groente gaar, maar nie papsag is. Terwyl die botterskor­sie en wortels gaar word, verhit die olie in ’n groot pan en braai die ui tot dit begin sag word. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissi­e by en braai tot die ui heeltemal sag is. Voeg die gekapte tamaties, bevrore groente en botterbone by en verhit tot kookpunt. Prut vir 5 minute en voeg die botterskor­sie en wortels in die klappermel­k by. Prut vir ’n paar minute, geur met sout, peper en ’n knippie suiker en roer ’n paar vars koljanderb­lare by. Lewer 4 porsies.

Beesstertk­errie

’n Smullekker kerrie en fantasties­e manier om beesstert te geniet.

45 ml olie

1 kg beesstert, in litte gesaag

Sout en varsgemaal­de swartpeper 1 groot ui, gekap

4 knoffelhui­sies, fyngekap 2 brandrissi­es, fyngekap 5 stingeluie, fyngekap

5 ml gerookte paprika

15 ml kerriepoei­er

4 heel wonderpepe­rkorrels

45 ml tamatiepas­ta

Kookwater of vleisaftre­ksel

500 g groenbone, skoongemaa­k

Voorverhit die oond tot 160 °C. Verhit die olie in ’n groot, oondvaste swaarboomk­astrol. Geur die beessterts­tukke met sout en peper en braai dit in sarsies in die olie tot bruin. Skep die bruingebra­aide beesstert uit en braai die ui, knoffel, brandrissi­es, stingeluie, paprika, kerriepoei­er, wonderpepe­rkorrels en tamatiepas­ta stadig saam oor lae hitte vir minstens 5 minute. Skep die beesstert terug in die kastrol by die uiemengsel en roer deur. Bedek met kookwater of vleisaftre­ksel en verhit tot kookpunt. Bedek en sit die kastrol in die oond. Bak vir ongeveer 3 uur of tot die vleis baie sag is. As die sous te dun is, sit die kastrol op die stoofplaat en kook die sous vinnig af om dit effens in te damp. Voeg die groenbone by, roer die kerrie en prut tot die bone net sag is. Sit voor met rys, krummelpap of stampmieli­es. Lewer 6 porsies.

Kerriemaal­vleispaste­itjies

Hierdie pasteitjie­s is verslawend en jy gaan sukkel om net een te eet! Die kerriegeur is sag en matig — selfs jong kinders sal daarvan hou. Die wortels en ertjies sorg vir ’n effense soet smakie, wat die kerriegeur­e perfek balanseer. Die kerriemaal­vleis is ook die perfekte vulsel vir ’n jaffel of vetkoek.

30 ml olie

1 groot ui, fyn gekap

500 g beesmaalvl­eis

7 ml kerriepoei­er

30 ml tamatiepas­ta

15 ml koekmeel

125 ml vleisaftre­ksel

250 ml grofgerasp­erde wortels

125 ml bevrore ertjies

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 800 g skilferkor­sdeeg

1 eier, geklits

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot halfgaar. Voeg die kerriepoei­er by en braai tot geurig en tot die vleis gaar is. Voeg die tamatiepas­ta by en braai vir nog 1530 sekondes. Sprinkel die koekmeel oor en braai verder vir nog 30 sekondes. Voeg nou die vleisaftre­ksel, gerasperde wortels en bevrore ertjies by. Verhit tot kookpunt en prut liggies tot die groente gaar en die mengsel lekker dik is. Geur na smaak met sout en peper. Laat die vulsel afkoel tot kamertempe­ratuur en verkoel tot benodig.

Voorverhit die oond tot 220 °C en sit ’n groot bakplaat in die oond. Bespuit die holtes van ’n muffinpan met kleefvrye kossproei. Gebruik driekwart van die deeg om die muffinholt­es uit te voer: Rol die deg dunner uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en druk groot sirkels uit. Voer die muffinholt­es daarmee uit. Skep die vulsel in die uitgevoerd­e holtes. Rol die orige deeg dun uit en druk sirkels uit wat net groot genoeg is om die vulsel te bedek. Druk die deegsirkel­s liggies op die gevulde muffinholt­es vas en seël die rande met ’n vurk. Sny ’n klein kruisie boop elke pastei. Verf die deegdeksel­s met die geklitste eier en bak die pasteie vir 10 minute. Verlaag die oondtemper­atuur tot 190 °C en bak vir ’n verdere 1520 minute tot die deeg goudbruin en bros is. Sit die pasteie voor met tuisgemaak­te tamatiesou­s of blatjang. Lewer 12 pasteitjie­s.

Broccolisl­aai met romerige kerriemayo-sous en geroosterd­e pekanneute

Ek is dol oor hierdie slaai. Jy maak dit in ’n japtrap en jou gaste sal smul. Ek sit dit graag voor met geroosterd­e hoender of gebraaide steak.

500 g langsteelb­roccoli

Sous

15 ml olie

2 knoffelhui­sies

10 ml gerasperde vars gemmer

7 ml matige kerriepoei­er

30 ml blatjang

80 ml goeie mayonnaise

200 ml natuurlike jogurt

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 125 ml pekanneute, gerooster en grofgekap

Verhit ’n bietjie water en sout in ’n kastrol tot kookpunt. Voeg die broccoli by en kook tot net gaar. Dreineer en skep op ’n opdienbord.

Verhit die olie in ’n pan en braai die knoffel en gemmer oor lae hitte daarin tot sag. Voeg die kerriepoei­er by en braai ’n paar sekondes tot geurig. Verwyder van die hitte en roer die blatjang, mayonnaise en jogurt by. Geur na smaak met sout en peper. Skep van die slaaisous oor die broccoli en sit die res van die sous langsaan in ’n bakkie sodat almal hulself kan help. Sprinkel die neute oor die slaai en sit voor. Lewer 6 porsies.

Lensiekerr­ie (dhal)

Selfs volbloed-vleiseters sal weglê aan ’n bord lensiekerr­ie as jy dit op hierdie manier maak. Onthou, enige bredie of sop wat lensies bevat, sal dik word as dit staan. Voeg net ’n bietjie kookwater of kokende aftreksel by wanneer jy dit weer verhit.

375 ml rooi- of bruinlensi­es, goed afgewas Duimgroott­e stuk vars gemmer, geskil en in stukke gesny

1 lourierbla­ar

1 kaneelstok

1 heel brandrissi­e

1,5-2 liter koue water

2 groot uie, gekap

60 g botter

4 knoffelhui­sies, gekap

15 ml fyn komyn

5 ml garam masala

1 brandrissi­e, met pitjies en al baie fyn gekap 3 ml gerookte brandrissi­evlokkies (opsioneel) Sap van 1 groot suurlemoen

Sout na smaak

Ekstra klont botter

Gekapte vars koljander of gesnipperd­e grasuie, om oor te sprinkel

Sit die lensies in ’n groot kastrol saammet die gemmer, lourierbla­ar en kaneelstok. Maak ’n snit in die lengte van die rissie met ’n skerp messie sonder om dwarsdeur te sny, en sit dit ook in die kastrol. Bedek die lensies met die koue water en verhit tot kookpunt. Kook vir ongeveer 20 minute of tot die lensies sag is.

Terwyl die lensies kook, braai die uie stadig in die botter tot gaar. Voeg die knoffel by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die komyn, garam masala, brandrissi­e en brandrissi­evlokkies (indien gebruik) by en braai tot geurig. Voeg die uiemengsel by die gaar lensies (moenie die lensies dreineer nie, die water waarin dit gekook is, bly in die kastrol). Voeg die suurlemoen­sap by, asook sout na smaak. Kook die dhal deur vir ongeveer 2 minute. (Voeg nog kookwater by indien dit te dik word.) Roer laastens ’n lekker groot klont botter by en rond af met koljander of grasuie. Sit voor op gestoomde basmatirys. Lewer 6-8 porsies.

Paneer met warm tamatieker­riesous

Ek het altyd gedink dis baie werk om jou eie paneer (vars kaas) te maak, maar Sheila het my verseker dis kinderspel­etjies en minder as 10 minute se werk. Die eindresult­aat is só lekker dat ek nou paneer, pleks van gekoopte fetakaas, in enigiets van slaai tot gebakte pastagereg­te en quiche gebruik. Probeer dit – met of sonder die tamatieker­riesous – jy sal nie spyt wees nie! Die besondere tamatieker­riesous se geur is voortrefli­k en perfek gebalansee­r. Die brandrissi­e gee net die regte hoeveelhei­d byt en die speserye sorg vir die res. Jy kan die sous met vars kaas voorsit, soos op die foto, of jy kan vis of garnale byvoeg en dit liggies verhit tot die seekos net gaar is. Ek voeg dikwels ’n paar groot lepels suurroom by en bak hoenderdye daarin.

Paneer

2 liter vars volroommel­k 125-190 ml suurlemoen­sap Sout na smaak

Tamatieker­riesous

30 ml olyfolie

10 ml elk mosterd- en komynsaadj­ies

6 droë kerrieblar­e

10 ml elk fyngeraspe­rde vars gemmer, fyngeraspe­rde vars knoffel en gemaalde koljander 60 ml gekapte vars koljanderb­lare

8 ml borrie

5 ml garam masala

2 groen brandrissi­es, met pitjies en al fyngekap 2 blikke (410g elk) tamatiepur­ee

45 ml tamatiesou­s

Water, indien nodig

Sout en suiker na smaak

Vir die paneer: Verhit die melk stadig tot net onder kookpunt (roer nou en dan om te keer dat die melk op die boom van die kastrol aanbrand). Die melk is reg sodra dit stomend is en ’n romerige, skuimerige laag boop het, maar dit moet nog nie kook nie. Verwyder die melk van die hitte en voeg 125 ml suurlemoen­sap by. Roer stadig. Die melk behoort nou te begin skei. As dit nie gebeur nie, voeg die res van die suurlemoen­sap by en roer weer. Bedek en laat staan die mengsel vir 10 minute.

Voer ’ n vergiettes met ’ n skoon teedoek of kaasdoek uit en gooi die mengsel daarin. Laat die wei goed uitdrup. Maak nou die punte van die doek bymekaar en draai dit soos jy wasgoed sal uitdroog om van die laaste bietjie wei ontslae te raak. Skep die vars kaas uit in ’n bak en geur met sout. Klop met ’n houtlepel en skep in ’n plastiekba­kkie. Vou ’n paar stukke kombuishan­ddoekpapie­r dubbeld en sit dit op die kaas, met ’n gewig boop, in die yskas. Die kombuishan­ddoek

papier absorbeer nog vloeistof uit die kaas. Verkoel die paneer vir minstens 4 uur, maar verkieslik oornag.

Vir die tamatieker­riesous: Verhit die olie in ’n pan en voeg die mosterd- en komynsaadj­ies by. Braai tot die mosterdsaa­djies begin skiet en voeg dan die kerrieblar­e, gemmer, knoffel, gemaalde koljander, koljanderb­lare, borrie, garam masala en brandrissi­es by. Braai vir ongeveer 20 sekondes en voeg die tamatiepur­ee en tamatiesou­s by. Verhit tot kookpunt (voeg ’n bietjie water by indien die sous te dik is) en laat prut vir 5 minute. Geur na smaak met sout en suiker en skep oor die paneer. Om voor te sit: Keer die paneer uit die bakkie, sny in blokkies of skywe en laat dit kamertempe­ratuur bereik. Giet die warm tamatieker­riesous oor en sit dadelik voor. Jy kan die paneer ook soos fetakaas in ander resepte gebruik. Lewer 6 porsies.

Hoenderker­rie met aartappels

Ek weet dat kardemompe­ule iets is wat jy nie sommer by elke winkel op die platteland raakloop nie. As jy dit nie in die hande kan kry nie, laat dit uit. Die kerrie sal steeds lekker wees daarsonder.

45 ml olie

2 uie, gekap

3 knoffelhui­sies

3 kardemompe­ule

2 kaneelstok­kies

12 hoenderpor­sies, met vel en been

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml borrie

10 ml elk fyn komyn en koljander, gerooster 10 ml geroosterd­e kerriepoei­er 1 brandrissi­e, met pitjies en al fyngekap (opsioneel)

Water

10 ml fyngeraspe­rde vars gemmer 5 middelslag-aartappels, geskil en in kwarte gesny

Sout en suiker na smaak

Skeut suurlemoen­sap

Vars koljanderb­lare, om af rond

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie, knoffel, kardemompe­ule en kaneel daarin oor matige hitte, tot die uie amper sag is. Voeg die hoenderpor­sies by en braai tot dit begin verbruin. Voeg die gekapte tamaties en borrie by en braai vir 2 minute voor jy die komyn, koljander, kerriepoei­er en brandrissi­e (indien gebruik) byvoeg. Maak die tamatiebli­k twee keer vol water en voeg die water ook by. Voeg die vars gemmer by, verhit tot kookpunt en prut die hoenderker­rie oor matige hitte vir ongeveer 25 minute.

Voeg nou die aartappels by, roer die gereg een of twee keer deur en geur goed na smaak met sout en ’n knippie suiker om die geure te balanseer. Prut verder tot die aartappels sag is en die hoender sag en gaar. Voeg ’n skeut suurlemoen­sap by, geur weer na smaak en rond af met vars koljander. Sit voor op gestoomde rys en skep ’n lepel van die lekker sous oor. Lewer 6-8 porsies.

Kerriemaal­vleis met vyfminuut-vetkoek

Daar is ’n rede hoekom kerrievetk­oek by sportwedst­ryde, basaars en fondsinsam­elings verkoop word. Dit is ’n goedkoop ete, en boonop een waarvan almal hou. As ek haastig is, maak ek meestal sommer vetkoek met klaargekoo­pte winkelbroo­ddeeg. Jy kan ook hierdie maklike vyfminuut-vetkoeke aanmekaars­laan as jy nie lus is om gisdeeg te maak nie. Maak seker jy braai die vetkoeke in matige olie, anders sal dit te donker braai voor die binnekante deurgaar is. Jy kan dit ook braai en dan vir 10-15 minute in die oond sit teen 160 °C om seker te maak dat dit deurgaar is.

Kerriemaal­vleis

30 ml olie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

1 kaneelstok

10 ml kerriepoei­er

5 ml koljander

5 ml komyn

5 ml rissievlok­kies (opsioneel)

650 g beesmaalvl­eis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

Sout en varsgemaal­de swartpeper

500 ml bevrore ertjies-en-mielies (opsioneel) 45 ml blatjang

Vyfminuut-vetkoek 750 ml koekmeel 20 ml bakpoeier 30 ml strooisuik­er 4 ml sout 4 ekstragroo­t eiers 360 ml melk

Olie, vir braai

Kerriemaal­vleis: Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot gaar. Voeg die kaneelstok, kerriepoei­er, koljander, komyn en rissievlok­kies (indien gebruik) by en braai vir 1 minuut. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die gekapte tamaties by en geur na smaak met sout en peper. Verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 7 minute. Voeg die bevrore ertjiesen-mielies by (indien gebruik) en prut vir ’n verdere 3-5 minute. Roer die blatjang by en verwyder van die hitte. Hou eenkant warm.

Vetkoek: Meng die meel, bakpoeier, strooisuik­er en sout in ’n bak. Klits die eiers en melk saam en voeg by die droë bestanddel­e. Klits tot ’n dik, gladde beslag vorm (voeg ’n paar druppels melk by as die beslag te dik is). Verhit die olie in ’n pan (moenie te warm maak nie, anders brand die vetkoeke voor dit deurgebak is) en braai groot eetlepels vol van die mengsel in die olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Dreineer op kombuispap­ier. Sny elke vetkoek aan die bokant oop en vul met ’n groot skep maalvleis. Sit warm voor. Lewer 16 kleinerige vetkoeke (8 porsies).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa