Landbou Boerekos

Knoffel help Karoodorp weer op die been

Murraysbur­g in die Sentraal-Karoo is ’n klein dorpie wat hard werk om die agteruitga­ng wat soveel platteland­se dorpe in die gesig staar, te beveg. ’n Knoffelboe­rdery speel deesdae ’n rol om werk te skep en dié dorp ver buite sy grense bekend te maak.

- Artikel: LUCILLE BOTHA Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Kosfoto’s: MYBURGH DU PLESSIS Ander foto’s: VERSKAF

Inwoners en selfs mense van buite Murraysbur­g is vuur en vlam om dié dorp, met sy sjarmante kweperhein­ings en granaatbom­e, tot sy eertydse glorie te herstel. Die Newbornbro­ers, Craig en Ryan, het deels hier grootgewor­d en hoewel hulle in Kaapstad woon, lê Murraysbur­g, waar hulle in 2016 ’n knoffelboe­rdery tot stand gebring het, hulle baie na aan die hart.

“My oupahulle het jare lank in die omgewing geboer. Toe my oupa Murraysbur­g toe trek en my ooms met die boerdery aangaan, het vier van sy personeell­ede saam met hom dorp toe getrek. Hulle het vir járe by hom gewerk. Ons het mettertyd besef ons oupa gaan nie vir altyd leef nie. Toe het ons besluit om ’n geleenthei­d te skep sodat daardie personeell­ede wat al so lank deel van ons familie is, steeds ’n inkomste kan verdien ná hy nie meer hier is nie,” vertel Ryan oor die aanvanklik­e saadjie vir Murraysbur­g Garlic.

Toevallig het Chris Barr, ’n sakestrate­eg wat Murraysbur­g toe getrek het, rondom daardie tyd begin wonder: Wat kan ons doen om die dorp reg te ruk? Die antwoord het gelê by die waterskema, wat reeds in die 1800’s opgerig is om water vanuit die Buffelsriv­ier aan die dorp se leivore te voorsien. Dié infrastruk­tuur is egter in die 1980’s erg deur ’n vloed beskadig en nooit herstel nie.

Danksy die Murraysbur­g Sustainabl­e Developmen­t Council en finansieri­ng deur die WesKaapse departemen­t van landbou is die waterskema laat in 2017 herstel. Só kon die ruim erwe op die dorp weer besproei word, wat die weg gebaan het vir die Newborns se knoffelboe­rdery.

“Dis ’n lang storie, maar ek en my broer het ’n maatskappy begin en grond op die dorp gekoop,” sê Ryan. “Ons het ook ’n maatskappy vir my oupa se personeel begin,

en hulle huur munisipale grond. Ons het ’n derde maatskappy gestig – Murraysbur­g Garlic – waarin die personeel se maatskappy ’n aandeel van 51% het en ons die res besit.

“Murraysbur­g Garlic doen die verwerking, verpakking en verkope van die knoffel en het ook grond op die dorp gekoop waarop ons tans ’n verwerking­s- en verpakking­saanleg oprig.”

Hulle het lank nagedink oor ’n geskikte gewas om op dié dorp, wat midde-in skaapwêrel­d geleë is, te verbou.

“Ons moes iets kry wat deur die winter kon groei en nie deur die laat ryp – ons kry soms tot in Oktober ryp – geknou sal word nie. Tweedens het ons ’n gewas met hoë waarde gesoek en wat klein is, sodat jy dit maklik kan vervoer, want ons is ver van die groot markte af. Laastens is daar steeds ’n kwessie met werklooshe­id en omdat ons op die dorp boer, kan diefstal ’n probleem raak. Knoffel was die antwoord, want dit het aan al ons vereistes voldoen en boonop kan ’n mens net soveel knoffel steel om te eet!”

Ryan woon in Kaapstad, sowat 600 km van Murraysbur­g. Hy en sy vennote boer met die hulp van WhatsApp en video-oproepe wanneer hy nie op Murraysbur­g is nie.

AANGEPAS BY OMGEWING

“Daar was ’n paar boere in die omgewing wat knoffel in hul tuine of vir vriende en familie gekweek het, en ons het geweet daardie knoffel vaar goed op Murraysbur­g. Knoffelsaa­d is baie duur wanneer jy begin – jy plant basies knoffelhui­sies – dus het ons ’n saadbank begin opbou met die knoffel wat oor tyd by die omgewing aangepas het. Ons hoef net ’n klein bietjie saad te koop. Jy kan seker sê dis erfeniskno­ffel, maar eintlik is dit net plaaslike saad,” vertel hy.

Hulle plant Egiptiese wit en pienk knoffel – kultivars wat nie noodwendig so gesog is onder die knoffelboe­re in Noordwes nie. Daar maak ’n bol maklik twintig of meer klein knoffelhui­sies, terwyl die Murraysbur­gers pragtige groot bolle met slegs tien tot twaalf huisies produseer.

COVID-19 BRING GELEENTHED­E

Hulle het al tot 6 ha knoffel geplant, maar weens die Covid-19-pandemie is hulle gepootjie met die oprigting van nuwe oorhoofse sprinkelbe­sproeiing. Verlede jaar kon hulle slegs 4 ha plant, maar kon vanjaar weer sowat 5 ha in die grond steek. Ryan reken as hulle meer as 6 ha plant, gaan hul waterbronn­e onder druk kom — knoffel gebruik immers byna net soveel water as vrugtebome, al is dit net nege maande in die grond.

“Ons plant die knoffel in Februarie en Maart, en oes dan eers in November. Dit word in Desember gedroog en in Januarie bemark ons. Verlede jaar was nogal dol. Die grootste deel van die vorige jaar se oes was teen Februarie verkoop, teen sowat R40R50/kg. Toe Covid-19 ons tref, het die knoffelpry­s hemelhoog gestyg. Die laaste 600 kg kon ek teen R160/kg van die hand sit!” Vanjaar het pryse weer fluks geklim. “Mense maak ’n doepa van gemmer, suurlemoen en knoffel om hul immuunstel­sel ’n hupstoot te gee. Dit spoor op die oomblik veral knoffel en gemmer se prys aan. Knoffel ís baie gesond en as iemand dit wil gebruik, sal ons dit graag lewer.”

Die ideaal is om elke drie jaar op dieselfde grond knoffel te plant. Die ander twee jaar saai hulle groen bemesting (gewoonlik ’n mengsel met hawer en sonneblomm­e) om onkruid te onderdruk en struktuur aan die grond te gee.

“Knoffel vereis harde werk en is baie arbeidsint­ensief. Benewens ons sewe permanente personeell­ede neem ons vir die plant-, oes- en pakseisoen sowat twintig pare ekstra hande in om te help.”

SLIM BEMARKING

Dit is nie moeilik om knoffel te verbou nie, mits jy in die regte gebied, met ’n goeie klimaat, die regte bemesting en besproeiin­g en die regte kultivars boer, sê Ryan.

“Die kwessie is egter die bemarking.” Suid-Afrikaners gebruik sowat 5 000 ton knoffel elke jaar, maar meer as die helfte daarvan word goedkoop ingevoer, onder meer in gedehidree­rde formaat (byvoorbeel­d uit China). Dikwels is dit nie eers suiwer knoffel nie, maar ’n mengsel van rape, aartappels en uie met ’n knoffeloli­e – sonder dat mense dit besef. Ryan glo dis een van die bedryf se belangriks­te take om verbruiker­s hieroor in te lig.

“’n Invoerheff­ing geld op Chinese vars knoffel, maar daar was al berigte van ondernemin­gs wat die stelsel uitbuit, die heffings systap en nie die plaaslike bedryf beskerm nie. Mooi, ekstragroo­t en groot knoffelbol­le haal goeie pryse, maar dan daal die prys skerp vir die klein en mediumgroo­tte bolle.” Dit is waar Ryan ’n geleenthei­d sien.

“Ja, ons verskaf die groot bolle en wil dit graag direk aan die kleinhande­l lewer, maar jou hele oes bestaan nie net uit groot knoffelbol­le nie. Ons wil dus probeer om waarde toe te voeg tot die kleiner en gebreekte bolle, en het onlangs toerusting aangeskaf om die bolle op te breek en die huisies te skil. Van ons klante vervaardig souse, en een van hul probleme is om die knoffel te skil. Dit is moeilike, duur en tydsame werk.

“Ons gaan nou die minder waardevoll­e knoffelhui­sies skil, blansjeer en in emmers aan hulle lewer. Só kan ons ’n baie beter prys vir die kleiner knoffel verdien. Dit skep ook vir ons geleenthed­e om knoffel op die varsproduk­temarkte te koop en waarde toe te voeg voor ons dit weer verkoop.”

Hulle bou juis nou hul verwerking­s-enverpakki­ngsaanleg (danksy finansieri­ng van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou). Tot dusver was dit ’n regte “boer maak ’n plan”-affêre en het hulle gedroog en gepak net waar hulle plek kon kry – of dit nou ’n pakhuis, die pad of in die veld is!

Die boerdery lewer veral aan die varsproduk­temarkte in Kaapstad, Johannesbu­rg en Pretoria, maar Ryan het gesorg dat Murraysbur­g Garlic bo hul mededinger­s uittroon op die markvloer.

“Suid-Afrikaanse knoffel word gewoonlik sommer in goedkoop netsakkies van 3 kg verpak, en dan moet dit meeding met die ingevoerde knoffel wat pragtig verpak is. Ons lewer ’n gehaltepro­duk, daarom bied ons dit ook in gehaltever­pakking van wit karton met duidelike handelsmer­ke aan sodat ons met ingevoerde knoffel uit China en Spanje kan meeding en beter pryse vir plaaslike knoffel kan bewerkstel­lig.”

Hy is beskeie as jy hom vra wat die knoffelboe­rdery vir Murraysbur­g beteken.

“Dit is moeilik om te sê. Behalwe dat ons werk skep en geld plaaslik bestee, dra dit ook tot die moraal op die dorp by. Hier het al so baie projekte misluk. Dit lyk of hierdie een iewers heen op pad is.”

 ??  ?? BO: Murraysbur­g Garlic word gekweek uit die saad van knoffel wat plaaslik in tuine en op plase gegroei het. Hoewel dit nie erfenissaa­d in die ware sin van die woord is nie, is die knoffel uitstekend aangepas by die Karoo-omgewing.
BO: Murraysbur­g Garlic word gekweek uit die saad van knoffel wat plaaslik in tuine en op plase gegroei het. Hoewel dit nie erfenissaa­d in die ware sin van die woord is nie, is die knoffel uitstekend aangepas by die Karoo-omgewing.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Jimmy Swarts berei knoffelbol­le voor vir die varsproduk­temark.
REGS: Jimmy Swarts berei knoffelbol­le voor vir die varsproduk­temark.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa