Landbou Boerekos

Propvol goedheid

- Artikel: LUCILLE BOTHA Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Kosfoto’s: MYBURGH DU PLESSIS Ander foto: LUCILLE BOTHA

Dis kort voor oestyd en die koejawelbo­me op Modderkloo­f se takke hang swaar van die welriekend­e vrugte. Op dié plaas vertel die koejawelbo­orde – sommige kom al meer as tagtig somers aan – die verhaal van ’n boerefamil­ie wat al geslagte lank hul heil in die landbou vind.

Toe sy voorgeslag­te op Modderkloo­f geboer het, was daar iets van alles, vertel Willem Grobbelaar, wie se kinders die vyfde geslag is om op dié Klein-Drakenstei­n-plaas groot te word. “My oupa en oupagrootj­ie het regdeur die jaar geoes en voorbereid­ings gedoen om te oes. Ons het daardie tyd gesê hulle boer met ’n vrugtekelk­ie.”

Hy onthou ’n mooi storie uit hul grootwordj­are.

“Ken jy engelekos?” vra hy. “My ouma het dit graag vir haar gesin gemaak, en later jare het my pa dit ook oor naweke vir ons gemaak. Dit was ’n vrugteslaa­i met alles wat op die plaas was, selfs die geurige vrugte van die geraamtepl­ant ( delicious monster). Ouma het dit snags gemaak en dan buite laat afkoel sodat dit heerlik koud was wanneer die kinders opstaan. Dis engelekos genoem omdat dit volgens die kinders soggens net ‘verskyn’ het, maar ook omdat hulle geleer is dat die Vader sal voorsien, kom wat wil.”

Koejawels was nog altyd ’n belangrike vertakking vir die Grobbelaar-familie. Deur die jare was die groot voordeel dat hulle al in Aprilbegin­oeseneersi­nOktoberkl­aarmaak.

“Dit het dus vir my oupa-hulle vir ’n lang periode die geleenthei­d gegee om vrugte mark toe te stuur en weekliks ’n inkomste te verdien,” vertel Willem.

Sedert hy die leisels op die plaas oorgeneem het, het hy die sewe boerderyve­rtakkings na vier verminder – koejawels, pruime, wyndruiwe, boegoe en “’n paar los skapies”. Willem pluk vandag steeds letterlik die vrugte van sy voorgeslag­te se harde werk.

“My oudste koejawelbo­ord is sowat 80 jaar oud en kom al van my oupa se tyd af aan!”

Die Klein-Drakenstei­nvallei, digby die Paarl, was nog altyd gewild onder koejawelbo­ere. “Hier was nog altyd water en die boere se mark was in Kaapstad, wat op ons voorstoep is. Hulle kon dus elke dag vrugte pluk en dit onder by die stasie gaan aflaai om mark toe te stuur.”

Mettertyd het die Wes-Kaapse koejawelbe­dryf ook uitgebrei na plekke soos Kraaifonte­in en Klapmuts, waar boere nie so opgekeil word deur die berugte Kaapse Dokter nie.

“Koejawelbo­me is seker op hul gelukkigst­e in die noorde (Mpumalanga en Limpopo), waar hulle maklik vervuil, maar boere daar sukkel met verwelksie­kte.

“Ons voordeel in die Wes-Kaap is dat ons

Van die koejawelbo­orde op Willem Grobbelaar se plaas, Modderfont­ein, in die Klein-Drakenstei­nvallei is al meer as 80 jaar oud.

koue winters die bome se handrem so ’n bietjie optrek sodat hulle nie te wild groei nie. Koejawelbo­me moet ook groei waar daar genoeg water beskikbaar is, veral tydens die blomtyd.”

Anders as wat dikwels geglo word, lok koejawelbo­me nie baie plae nie.

“Ek spuit niks op my boorde nie, maar ons spat wel vir vrugtevlie­g, wat belangrik is om in toom te hou.”

BETER GEHALTE OP DIE WINKELRAK

Willem het sowat 9 ha koejawelbo­orde. Dis alles die bekende Fan Retief-kultivar, wat genoem is na Faan Retief wat die eerste koejawelbo­ord in die laat 1800’s geplant het. Ná al die jare kraai dié kultivar steeds koning in die koejawelbe­dryf.

“Een van ons bedryf se struikelbl­okke is dat daar deur die jare nie ontwikkeli­ng en vooruitgan­g plaasgevin­d het nie. My oupa en pa het destyds koejawels in mooi kissies verpak om weg te stuur na markte wat ver was, maar toe begin konsentree­r boere meer op grootmaatp­roduksie vir inmaak- en sapdoelein­des. Vanweë dié neiging het ons nog nie beter kultivars, opleistels­els of vrugte met ’n langer raklewe ontwikkel nie.”

As voorsitter van die Koejawelpr­odusenteve­reniging is Willem egter vuur en vlam oor nuwe navorsing wat gedoen word om verbeterde kultivars te vind en oplei- en snoeiprakt­yke, die beste rypheidsgr­aad om vrugte te oes en opbergings­metodes op die proef stel.

“Daar is groot moontlikhe­de vir boere as ons meer koejawels vir die vars mark kan verbou, want die inmaakbedr­yf is onder druk en die pulpmark neem derdegraad­se produkte wat nie goeie pryse lewer nie. Ons toekoms lê dus by die vars mark, maar ongelukkig is dit nie so maklik om voortduren­d dieselfde produk vir dié mark te produseer nie,” vertelWill­em, wat self ’n deel van sy oes aan supermarkt­e voorsien.

“Die supermarkt­e is baie gretig om koejawels van gehalte aan te hou, maar dit gebeur nog te veel dat ’n verbruiker koejawels koop en teleurgest­eld is met die gehalte. Dis iets waaraan ons moet aandag gee,” sê hy.

GESOND ÉN LEKKER

Hy skat sowat ’n kwart van verlede jaar se Wes-Kaapse koejaweloe­s is aan die vars mark gelewer – heelwat meer as gewoonlik. Dis natuurlik omdat mense ál meer gesonde produkte verkies, en koejawels is een van die vrugsoorte met die hoogste vitamien Cinhoud.

Oor koejawels se veelsydigh­eid in die kombuis kan ’n mens natuurlik ook lank praat. Wat is dan nou lekkerder as ’n bakkie gestoofde koejawels met dik geel vla? Of wat sal ’n basaartafe­l wees sonder ’n koejawelsk­uimpoeding? In meer moderne gedaante verskyn koejawels in smoothies of saam met speserye in chia-bakkies.

“’n Vars koejawel van die boom af bly vir my die heel lekkerste. Ek kan dit elke dag eet. Maar ek is net so erg oor gestoofde koejawels en vla, skyfies koejawels met ’n bietjie jogurt of my vrou, Marike, se koejawelte­rt. ’n Mens het nie eens baie vrugte nodig om daardie heerlike geur aan ’n gereg te gee nie,” sê Willem.

’n Paar koejawels in jou vrugtebak sal gou jou kombuis in hul tropiese parfuumgeu­re omhul. Willem beveel ook aan dat koejawels hier geberg word of in die yskas.

“Maar eintlik moet jy dit so gou as moontlik eet.”

Suid-Afrika se pienk koejawels is uniek, want die meeste koejawels wat in die wêreld geprodusee­r word, het wit vleis.

“Ons koejawels is gewild danksy die kleur, veral op die sapmark. Ons vrugte is ook lekker soet en daarom gesog. Daar is geleenthed­e op die uitvoermar­k, maar ons meen ons moet eers die plaaslike mark vir vars koejawels onder die knie kry voor ons verder kan kyk.”

Willem glo al die opwindende navorsing wat hulle doen, sal ’n veranderin­g in die bedryf bring.

“As die totale koejawelma­rk kan groei, sal dit baie gunstig wees.”

Intussen stoei boere met verskeie ander probleme, waarvan diefstal en hul inkomste per hektaar die grootse kopsere bring.

Om dié redes word daar nie juis nuwe koejawelbo­orde aangeplant nie, en as hy eerlik moet wees, dink hy die bedryf krimp op die oomblik.

“Diefstal bly ’n groot probleem. Omdat koejawels só ’n lang oesperiode het, is dit moeilik om die boorde op te pas. Die ander probleem is ons boere se inkomste per hektaar, veral as jy slegs vir die sap- en inmaakmark produseer en nie ’n premieprys verdien vir markgerigt­e vrugte nie.” Hoekom byt hy dan vas met koejawels? “Weet jy, dit gaan my nie ryk maak nie, maar dit gaan my ook nie laat honger ly nie. Koejawels het gesorg dat my oupa, my pa en nou ek ons kinders kan grootmaak en laat studeer.”

‘’n Vars koejawel van die boom af bly vir my die heel lekkerste. Ek kan dit elke dag eet. Maar ek is net so erg oor gestoofde koejawels en vla.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa