Landbou Boerekos

ELMARIE THERON KNOFFELBOE­R

-

VINNIGE VRAE

Hoe het jou knoffelboe­rdery ontstaan?

My buurvrou het ’n klein stukkie knoffel geplant en ek was dadelik nuuskierig daaroor. Sowat vyf jaar gelede het ek met my eie boerdery begin. As jy ’n knoffelbol uitmekaar haal, kry jy sowat agt huisies. Hierdie huisies word afsonderli­k geplant en maak dan weer sy eie bol vol nuwe huisies. Ek plant die Spaanse kultivar wat gewild by verbruiker­s is vanweë die lekker groot huisies en prominente geur en smaak.

Dit is ook maklik om skoon te maak en heerlik in kos. Ek verkoop hoofsaakli­k aan Shoprite Checkers en saad aan Graceland Seed.

Aard knoffel goed by julle in die Upingtonom­gewing?

Ja, ons omgewing het lekker lang, warm dae. In die winter is daar weer net genoeg koueeenhed­e voor dit warmer raak om goeie fotosintes­e en ’n lang groeitydpe­rk te verseker.

Wanneer breek jou plant- en oestyd aan? Ons plant rondom Maart en April en oes sowat sewe maande later in Oktober en November. Knoffel is baie arbeidsint­ensief, want jy moet die saad breek, dan plant, die produk oes, droog en skoonmaak en verpak.

Watter invloed het die Covid-19-pandemie op die knoffelbed­ryf gehad?

Knoffel dien as natuurlike antibiotik­a. Dit is

so belangrik soos sout in jou kos en die vraag daarna is eintlik altyd hoog. Tydens die pandemie was daar ’n groter tekort as gewoonlik. Suid-Afrika voer tans meer as die helfte van die knoffel in wat hier verbruik word omdat ons nie genoeg kan produseer nie (onder meer weens hoë arbeidskos­te). Die vraag sal seker altyd hoog bly, maar hopelik kan ons meer beskerming teen invoer kry. Dit sal ook help om werk te skep.

Wat is jou gunsteling­gereg met knoffel?

Ek was so gelukkig om met my eie persoonlik­e kok te trou! My man, Riaan, maak ’n skaapboud wat hy met stukke heel knoffel en roosmaryn stop. Hy maak ook ’n groenteger­eg van pampoen, botterskor­sie, murgpampoe­ntjies en knoffelhui­sies wat hy in die helfte deursny. Alles word dan in room gebak.

 ??  ?? Elmarie Theron by knoknoffel el wat hulle op Rhineland by Upington geoes het.
Elmarie Theron by knoknoffel el wat hulle op Rhineland by Upington geoes het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa