Landbou Boerekos

PIETER VORSTER JALAPEÑOBO­ER VINNIGE VRAE

-

Waarom is Jalapeño’s ’n aanloklike boerderyge­was?

Ons verbou ’n wye verskeiden­heid brandrissi­es (soos Habanero’s, Serrano’s en Thai-rissies), en Jalapeño’s het oor tyd baie gewild geraak. Ons gebruik dit ook in die gemengde rissiepakk­ies.

Met genoeg kunsmis en ’n goeie spuitprogr­am is Jalapeño’s ’n relatief maklike gewas om in ons omgewing te produseer. Ons kan rissies op oop lande verbou danksy Komatipoor­t se ideale klimaat, gunstige temperatur­e en genoegsame water wat ons in staat stel om suksesvol tydens die wintermaan­de te produseer. Ons rig elke jaar ook ekstra nethuise op waarin ons gevoeliger produkte kweek wat in die hitte swaarkry. Dit help ons om deurlopend ons opbrengs en gehalte te verbeter.

Hoe lyk ’n tipiese produksiej­aar by julle?

Ons verbou ons eie plantjies in kweekhuise. Dit word volgens Freshmark se aanplantin­gsprogram gedoen, sodat ons deurgaans produkte kan lewer. Die eerste aanplantin­gs word rondom Januarie en Februarie gesaai en sowat vyf weke later uitgeplant. Ons oes dan einde April, begin Mei. Ons stel gedurig nuwe kultivars op die proef sodat gehalte en opbrengs kan verbeter. Ons is trots daarop om al 38 jaar lank aan Shoprite Checkers vars produkte te lewer.

Hoekom dink jy het die mark vir Jalapeño’s só fluks gegroei?

Jalapeño’s raak by die dag gewilder. Verbruiker­s wil nie altyd rissies hê wat té warm is nie. Jalapeño’s kan selfs in slaaie gebruik word (om nie van die alombekend­e Jalapeño Poppers te vergeet nie!). Jalapeño’s se pryse was nog altyd relatief stabiel en dit maak ekonomies vir ons sin om dit te produseer.

Is daar struikelbl­okke? Jalapeño’s is nie moeilik om te verbou nie, maar sekere tye van die jaar kan virusse en blaarsiekt­es ’n kwessie wees. ’n Ander probleem wat ons gereeld ervaar, is dat voëls die vrugte beskadig. Ons beoog om in die toekoms in nethuise te plant om dit te voorkom.

Eet jy self Jalapeño’s? Ons hou daarvan om die Jalapeño se pitte te verwyder en dit te vul met roomkaas en edamkaas, spek om te draai en dit oor die kole te braai.

 ??  ?? ana n s s e a do
Saia, Pieter Vorster,
Lloyd Vorster en Thulisile Hlahla, onderskeid­elik algemene voorman, eienaar, bestuurder, en bestuurder by die kwekery en pakhuis by Pieter Vorster Boerdery by Komatipoor­t, Mpumalanga.
ana n s s e a do Saia, Pieter Vorster, Lloyd Vorster en Thulisile Hlahla, onderskeid­elik algemene voorman, eienaar, bestuurder, en bestuurder by die kwekery en pakhuis by Pieter Vorster Boerdery by Komatipoor­t, Mpumalanga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa