Landbou Boerekos

ROSS RENNIE KRUIEBOER

VINNIGE VRAE

-

Die boerdery het in 1990 kruie begin produseer. Wat het tot dié besluit gelei? Lesley McGregor het in 1985 by ons besigheid aangesluit. Sy het uit Londen gekom, waar vars kruie se gewildheid begin toeneem het. Dit was haar besluit om vars kruie te kweek, te verpak en te bemark. Sy is vandag nog die voorste kruieprodu­sent in Suid-Afrika.

Vars kruie het ook goed aangesluit by die tamaties en komkommers wat ons verbou. Ons kon ’n groter reeks aan bestaande klante bied en ook nuwes lok danksy die gerief van ’n groot reeks slaaibesta­nddele wat alles by een verskaffer beskikbaar is.

Watter soorte kruie kweek julle nou alles? Ons het verlede jaar altesaam 15 424 kg kruie aan Freshmark gelewer. In boerderyte­rme klink dit dalk min, maar as jy in ag neem die pakkies weeg maar 20 g elk, kom dit neer op 771 200 eenhede! Die reeks bestaan tans uit basiliekru­id, koljander, ment, salie, tiemie, roosmaryn, oreganum, dille, sitroengra­s, roket, wilde roket, knoffelgra­suie, Franse grasuie, pietersiel­ie en Italiaanse pietersiel­ie.

Watter kruie is veral gewild onder SuidAfrika­ners? Koljander maak

omtrent die helfte uit van al die kruie wat ons aan Freshmark lewer. Klante van oraloor koop koljander en ons dink Suid-Afrikaners is gaande oor dié krui.

Hoe kry julle dit reg om twaalf maande van die jaar kruie te lewer?

In die somer kweek en oes ons in die Paarl en in die winter skuif ons produksie na die Noord-Kaap, waar ons op die oewer van die Oranjerivi­er boer. In albei gebiede kweek ons die kruie in kweekhuise van plastiek of skadunet sodat ons regdeur die jaar in produksie is.

Dit verbeter ook die opbrengs en die oes is gouer gereed. Inseknette maak ook deel uit van ons geïntegree­rde plaagbehee­rstrategie, saam met biologiese middels om insekte en plae te bekamp.

Is koljander ook jou gunsteling-kruie? Beslis. Ek gebruik dit oorvloedig in ’n kerrievark­potjie.

 ??  ?? RRoss RRenniei (lilinks)k) en Derick Burger, kruiekweke­r, in ’n kruietonne­l op die plaas Rennie Farms by die Paarl.
RRoss RRenniei (lilinks)k) en Derick Burger, kruiekweke­r, in ’n kruietonne­l op die plaas Rennie Farms by die Paarl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa