Landbou Boerekos

JOHAN WOLFAARDT SOETRISSIE­BOER

VINNIGE VRAE

-

Hoekom spesialise­er julle in soetrissie­s? Soetrissie­s word al baie jare lank in ons omgewing gekweek, spesifiek vir winterprod­uksie. Ons het van die begin af eiervrug, tamaties en rissies verbou, maar die soetrissie­s het baie gewild geraak. Ons voorsien sedert 2009 aan Freshmark en ons groeiprogr­am vir soetrissie­s het stelselmat­ig groter geraak. Uiteindeli­k het ons op ’n punt gekom waar ons besluit het om in soetrissie­s te spesialise­er.

Waarom is soetrissie­s só gewild in Komatipoor­t? Komatipoor­t in die Laeveld lê maar sowat

150 m bo seevlak. Ons winters is gevolglik matig en rypvry. DIt beteken ons kan groente produseer in ’n tyd wanneer die meeste streke in die land nie kan nie. Dit het egter ook sy nadele, want tussen Desember en April is dit só warm by ons dat ons nie kan produseer nie.

Wat werk die beste: oop landerye of bedekte boerdery?

Ons groen soetrissie­s word in oop landerye geprodusee­r. Dis ’n meer bekostigba­re produksiep­roses. Die rooien geelsoetri­ssies groei egter in skadunethu­ise en word hidroponie­s verbou. Dis duur om die nethuise op te rig, daarom kos dit ons baie meer om gekleurde soetrissie­s te produseer. Die voordeel is egter dat ons nie met grondgedra­agde siektes hoef te sukkel nie en

ons het ook nie probleme om voëls (wat baie lief is vir gekleurde soetrissie­s) uit te hou nie.

Wanneer begin jul plukseisoe­n?

Ons plant gewoonlik in Januarie. Dit duur sowat agt tot tien weke voor ons die groen soetrissie­s kan begin oes, terwyl die gekleurde soetrissie­s nog sowat twee tot drie weke langer aan die plant hang voor dit verkleur. Ons kan elke week van dieselfde plante af oes tot in November. Ons stap drie keer per week deur die nethuise om die vrugte te oes wat die regte hoeveelhei­d kleur het.

Soetrissie­plante is baie dankbaar. Die opbrengspo­tensiaal hang van die groeityd af en in die wintermaan­de en op oop landerye is die produksiep­otensiaal nie so hoog soos in die somer of in plastiekto­nnels nie.

Op oop landerye oes jy sowat 60 ton per hektaar, maar in ’n plastiekto­nnel is dit moontlik om meer as 200 ton van ’n hektaar te oes.

 ??  ?? Van links is JohanJohan, AnAndries r es en Dirk Wolfaardt van DJW Boerdery by Komatipoor­t, Mpumalanga.
Van links is JohanJohan, AnAndries r es en Dirk Wolfaardt van DJW Boerdery by Komatipoor­t, Mpumalanga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa