Landbou Boerekos

TRACY OSHRYPETER­S GRASUIEBOE­R

VINNIGE VRAE

-

Hoe het jul boerdery ontstaan?

My pa, Anthony Oshry, het in 1974 vir my ma ’n kweekhuis opgerig om komkommers en tamaties te produseer, want sy was verveeld tuis. Dit het só goed gegaan dat my pa later daardie jaar nog kweekhuise opgerig het. Hy sou saans ná werk die strukture aanmekaar sweis onder ’n spreilig sodat hy kon sien! Die boerdery het só vinnig gegroei dat ons teen die vroeë 1980’s ’n groter stuk grond moes koop. Vroeg in sy veertigs het my pa vroeg afgetree en by my ma aangesluit. My ma moes in die 1990’s weens gesondheid­sprobleme ophou boer, maar ek en my pa en suster, Lisa-Jane, gaan steeds voort met die besigheid.

Wanneer het julle grasuie by jul reeks gevoeg? Ons het oor die jare verskeie produkte probeer, maar komkommers was nog altyd die grondslag van ons besigheid. Ons het vroeg in die negentiger­jare begin om vars kruie – soos grasuie – buite die kweekhuise te plant om afloopwate­r te benut. Ons kweek nou agtien verskillen­de soorte kruie. Kruie het baie gewild geword, want die neiging onder verbruiker­s is om ’n gesonder leefstyl na te streef. Ons boer ook met babaspinas­ie en sprietuie ( spring onions) en ’n “Living Herbs”-reeks, wat kruie in potte is wat ons aan Freshmark lewer. Verbruiker­s kan dit in hul

tuine uitplant of op hul vensterban­ke hou om te pluk wanneer hulle kook.

Hoekom vaar grasuie só goed by julle?

Ons is gelukkig dat ons nie bekommerd hoef te wees oor hael en ryp in Gqeberha nie, want ons is geseën met ’n matige klimaat. Ons kry soms ryp in die winter, maar dis glad nie so erg soos in ander streke nie. Wintertyd kweek ons wel ’n bietjie grasuie in die kweekhuise sodat ons aaneenlope­nd aan Freshmark kan lewer. Grasuie gedy in ’n warm klimaat en groei neem in die winter af. In die kweekhuise word dit teen die elemente beskerm, wat ’n groot verskil maak.

Kweek julle van saad af? Ons saai self saad om ons eie saailinge te produseer. Dit word in die lente en herfs uitgeplant. Grasuie hou van volson, daarom plant ons dit nie in die winter uit nie.

 ??  ?? y y ( ) van Oshry Boerdery naby Gqeberha in die OosKaap saam met haar pa, Anthony Oshry, en suster, Lisa-Jane Oshry.
y y ( ) van Oshry Boerdery naby Gqeberha in die OosKaap saam met haar pa, Anthony Oshry, en suster, Lisa-Jane Oshry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa