Landbou Boerekos

ROY NOHARI BORRIEBOER

VINNIGE VRAE

-

Waar kom jul liefde vir die boerdery vandaan? Die wortels van ons plaas lê by my oupagrootj­ie, wat in 1874 uit Indië na Suid-Afrika gekom het om as plaaswerke­r op die suikerriet­plase te werk. My oupa was ook ’n plaasarbei­der, maar hy het ’n ooreenkoms met die wit boere aangegaan om groente vir persoonlik­e gebruik as wisselboug­ewas met die suikerriet te plant. As daar ’n surplus was, het hulle dit oor naweke verkoop. In 1969 het my pa, Nohari Bundhoo, ’n plaas van 6 ha begin huur waarop hy gemengde groente verbou het. Ons vier broers het van jongs af saam met hom daar gewerk en by hom geleer. Ek is nou 63, maar jy kan sê ek het al 50 jaar se boerderyer­varing! In 1977 het hy ’n plaas (7 ha) gekoop en ook grond by bure begin huur. Ek en my broers het in 1988, ná my pa se beroerte, oorgeneem en Nohari Farms begin. Ons het plasies bygekoop en huur ook grond. Ons boer nou op sowat 200 ha. Ons wil ’n rol speel in voedselsek­erheid en het ons ses seuns aangemoedi­g om ook te boer. Boerdery is die een bedryf wat nie sal verdwyn nie, want almal moet eet en Covid-19 het ons oë daarvoor oopgemaak.

Is daar ’n sterk borriebedr­yf in Suid-Afrika? Borrie is nie ’n kosproduk

waarvan groot hoeveelhed­e verbruik word nie. Dis ’n spesery, dus het jy net ’n bietjie nodig as jy kos voorberei. Dit is dus ’n nismark. Hoewel vars borrie al lank met ons is, het die gewildheid onlangs daarvan in SuidAfrika toegeneem, dus plant al meer boere dit.

Hoe produseer

’n mens borrie?

Borrie hou van ons subtropies­e klimaat en aard goed in ons leemkleigr­ond (beter as in sanderige grond). Ons plant in September in oop velde aan en kan van Junie tot Desember oes, na gelang van die vraag. Die plant se blare dien as bemesting. Dis ’n arbeidsint­ensiewe gewas, want ons gebruik geen onkruid- of plaagdoder­s nie en doen alles met die hand. Verbruiker­s verkies meer organiese praktyke.

Is die pryse goed?

Dit is redelik, maar eintlik moet ons meer verwag omdat dit so arbeidsint­ensief is.

 ??  ?? Roy Nohari van Nohari Farms in Bo-Tongaat, KwaZulu-Natal, met ’n borrieplan­t in een van hul landerye.
Roy Nohari van Nohari Farms in Bo-Tongaat, KwaZulu-Natal, met ’n borrieplan­t in een van hul landerye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa