Landbou Boerekos

LISA MATTHEWS SITROENGRA­SBOER VINNIGE VRAE

-

Vertel meer van die ontstaan van julle besigheid. In 1960 het my 73-jarige pa, Ivo, en my broer Vito J. Rugani na Elandsdrif­t, met geen elektrisit­eit en min geriewe, getrek. In 1990 het ek en my broer Marco Rugani kruie op klein skaal begin verbou. Dit was die begin van ons familiesaa­k wat vandag kruie en groente onder die Toscana Herbs & Fresh Produce-handelsmer­k produseer. Ek en Marco boer al die afgelope

33 jaar saam en ons voorsien van die begindae af aan Freshmark.

Watter rol speel sitroengra­s in jul boerdery?

Ons plant sitroengra­s om ons kruiereeks te vergroot. Ons het destyds ’n paar steggies by ’n goeie vriend gekry wat mal was daaroor om kerries en Thai-geregte met sitroengra­s te kook. Op die oomblik boer ons met sowat 3 000 sitroengra­splante.

Hoe werk die produksie van sitroengra­s?

Die sitroengra­sseisoen strek van Desember tot Julie. Sitroengra­s is rypgevoeli­g en die plant raak dormant tydens die wintermaan­de. Tussen Augustus en November is dit nogal ’n probleem om sitroengra­s te voorsien, want die plante moet eers herstel ná die winter. Sitroengra­s is ’n meerjarige plant, daarom kan ons jaar ná jaar van dieselfde plante af oes.

Wat is die ideale groeitoest­ande?

Sitroengra­s het volson nodig. Dit kan egter in enige grondtipe groei en gebruik matige hoeveelhed­e water.

Wat is markpotens­iaal vir sitroengra­s?

Daar is ’n bestendige vraag, maar die mark is taamlik beperk in Suid-Afrika en kan maklik versadig raak. Ons voer nie op die oomblik sitroengra­s uit nie. Die prys is darem redelik. Ons grootste kwessie as sitroengra­sprodusent is juis om alles wat ons kweek, te bemark.

Is plae en siektes ’n probleem?

Plaagdruk is gelukkig beperk, daarom is dit nie nodig om te spuit nie. Siektes kom wel voor in baie nat weer, maar ons kan dit met kontak-swamdoders bekamp.

Gebruik jy sitroengra­s in die kombuis?

Ons is gek daaroor in rooibostee. Dit gee ’n vars, geurige smaak aan koue of warm tee.

 ??  ?? Lisa Matthews en haar broer Marco Rugani boer al langer as dertig jaar saam by Elandsdrif­t, Gauteng.
Lisa Matthews en haar broer Marco Rugani boer al langer as dertig jaar saam by Elandsdrif­t, Gauteng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa