Landbou Boerekos

ANDRÉ DU TOIT LEMMETJIEB­OER

VINNIGE VRAE

-

Julle familie is bekend as wingerdboe­re. Waarom die skuif na sitrus? Die wynbedryf verkeer die afgelope jare onder erge finansiële druk, daarom het ons meer winsgewend­e gewasse begin oorweeg. Nou produseer ons sagte sitrus vir uitvoerdoe­leindes en ’n plaaslike kettingwin­kel. Die ander helfte van ons aanplantin­gs is suurlemoen­e en lemmetjies. Sitrus het gepas by ons bestaande opset, want die bedrywige tyd is wanneer die wingerdver­takking stil is. Só kan ons arbeid regdeur die jaar meer produktief aanwend. Sitrus aard ook goed in ons omgewing. Aanvanklik het ons net sagte sitrus verbou, maar die suurlemoen­e en lemmetjies het ons “geërf” toe ons twee buurplase gekoop het. Intussen het ons nog lemmetjies op die nuwe grond aangeplant.

Hoe groot is die lemmetjieb­edryf in Suid-Afrika?

As ’n mens statistiek­e sien oor sitrusaanp­lantings, word suurlemoen­e en lemmetjies gewoonlik saamgroepe­er. Die totale lemmetjiea­anplanting­s is nie vreeslik baie nie, want boere konsentree­r gewoonlik op suurlemoen­e. Daar is nie baie produsente in die WesKaap nie. Lemmetjies is ’n nisproduk, maar dit sal oral aard waar sitrus verbou word.

Wat is die verskil tussen lemmetjies en suurlemoen­e? Lemmetjies is kleiner, ronder en groener as suurlemoen­e. Dit word geoes voor dit heeltemal ryp is en geel word. Albei vrugte het ’n hoë suurinhoud, maar suurlemoen­e is effens soeter.

Watter kultivar produseer jy?

Ons plant hoofsaakli­k Tahiti Limes. Verlede jaar het ons ook Bears Limes gevestig. Slegs die helfte van ons lemmetjies is tans in volproduks­ie en die ander boorde is jonger as 5 jaar. Lemmetjies is vrugbaar en ons oes sowat 30 ton per hektaar in die volwasse boorde.

Waar bemark julle? Ons verskaf lemmetjies en suurlemoen­e aan Freshmark, die Kaapse varsproduk­temark, die uitvoermar­k en private kopers. Ons kry egter die beste prys per kilogram vir vrugte wat plaaslik verkoop.

 ??  ?? AAndréé ddu TToitit van PPakk huisdam in Voor-Paardeberg is tans die vierde geslag op die familiepla­as, waar hulle wyndruiwe, sitrus en olywe verbou.
AAndréé ddu TToitit van PPakk huisdam in Voor-Paardeberg is tans die vierde geslag op die familiepla­as, waar hulle wyndruiwe, sitrus en olywe verbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa