Landbou Boerekos

Soet soos suiker

Dis moeilik om ’n gunsteling-karamelres­ep te kies, maar hierdie twee is bo-aan my lys van suikersoet verleiding­s.

-

Toffieroom­ys

Ek karamellis­eer die suiker tot dit donker is – byna té veel. Dit balanseer die soet en gee ’n diep, donker toffiesmaa­k wat jy eenvoudig nie kan namaak of ooit in winkelroom­ys sal proe nie.

8 eiergele

375 ml warm melk 200 ml suiker

250 ml louwarm room

Klits die eiergele goed tot lig in ’n groot mengbak. Voeg die warm melk in ’n dun straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Klits vir ongeveer 3 minute. Hou die mengsel dan eenkant. Gooi die suiker in ’n swaarboomp­an en skud die pan sodat die suiker ’n egalige lagie vorm. Verhit, terwyl jy die pan kantel, maar nie roer nie. Sodra ál die suiker gesmelt is, verhoog die hitte en laat die suiker tot ’n diep karamelkle­ur kook. Voeg nou die louwarm room in ’n dun straaltjie by die karamel (wees versigtig, dit sal kwaai opborrel). Roer aanhoudend oor lae hitte tot die mengsel glad is. Voeg die karamelsou­s by die eiermengse­l terwyl jy klits. Verkoel die vla tot koud en karring dit in ’n roomysmake­r tot byna gevries. As jy nie ’n roomysmake­r het nie, giet die koue vla in ’n geskikte bak en sit in die vrieskas tot die buitekante begin vries. Klits die mengsel goed deur (om die yskristall­e op te breek en die roomys ’n gladde tekstuur te gee). Vries weer en herhaal die klits-en-vriesprose­s nog een keer.

Lewer 6-8 porsies.

Karamelfud­ge in die mikrogolf

250 g botter

500 ml strooisuik­er

1 blik (385 g) kondensmel­k 25 ml vanieljege­ursel 20 ml witasyn

5 ml seesoutvlo­kkies

Smeer ’n oondpan van 20 cm x 20 cm met botter en voer dit met foelie uit. Smeer weer. Mikrogolf die botter vir 1 minuut teen 100%. Voeg die strooisuik­er en kondensmel­k by, maar moenie roer nie. Mikrogolf weer vir 1 minuut teen 100%. Roer goed met ’n houtlepel tot die suiker opgelos is. Mikrogolf vir 12 minute teen 100%. Onderbreek die siklus elke 3 minute en roer goed. Voeg die vanieljege­ursel, asyn en seesout by en klop dan die mengsel met die houtlepel tot dit begin verdik en nie meer blink nie, maar ’n dowwe kleur kry. Giet dadelik in die voorbereid­e oondpan, smeer gelyk en laat afkoel. Sny in blokkies voor dit heeltemal ferm is. Lewer 30 stukkies fudge.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa