Landbou Boerekos

Koffiekapi­taal

’n Koppie boeretroos is nie net goed om ons soggens wakker te kry nie. Met ’n skeut likeur, rum of whisky, en ’n lepel room bygeroer, staan dit maklik in vir nagereg.

-

Roomlikeur­sjokoladek­offie

1 liter sterk koffie

60 ml roomlikeur

60 ml room, geklop

20 ml bruinsuike­r

Hand vol klein malvalekke­rs 20 ml warmsjokol­adepoeier

Giet die koffie in vier bekers (maak elkeen ongeveer driekwart vol). Voeg 15 ml roomlikeur by elk en skep 15 ml geklopte room op. Sprinkel die bruinsuike­r oor en stapel klein malvalekke­rs bo-op. Sprinkel die warmsjokol­adepoeier oor en drup nog ’n bietjie roomlikeur oor. Lewer 4 porsies.

Ierse koffie

120 ml goeie whisky

750 ml sterk, vars koffie Ongeveer 60 ml suiker

250 ml vars room, saggeklop

Giet 30 ml whisky onder in elk van vier verhitte glase of glasbekers. Verdeel die koffie tussen die glase en geur elk met suiker.

Roer om op te los. Skep 60 ml room bo-op elkeen en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Affogato

’n Eg Italiaanse drankie vir ná ete. Jy kan dit vereenvoud­ig deur slegs ’n skep goeie vanieljero­omys by ’n koppie sterk, swart koffie te voeg en dit só voor te sit. (Met 60 ml rum gemaak, het dié koffie taamlik skop. Pas die hoeveelhed­e dus aan na smaak.)

60 ml gerasperde donkersjok­olade

250 ml baie sterk, warm swart koffie (of espresso)

30-60 ml donker rum 4 skeppe goeie vanieljeof sjokolader­oomys

Skep ’n eetlepel vol gerasperde sjokolade in elk van vier koffiekopp­ies. Meng die koffie en rum en verdeel tussen die koppies. Roer goed om dit met die sjokolade te meng. Skep roomys in elkeen en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa