Landbou Boerekos

ONS KOOK NOU OOK IN ENGELS

-

Ons is opgewonde om die eerste uitgawe van Boerekos se Engelse suster, Country Cooking, bekend te stel. Noukanalon­sEngelsevr­iende saam kook en die lekkerte van egte Suid-Afrikaanse kontreikos proe. Country Cooking is op dieselfde resep as Boerekos geskoei — ons besoek boere reg oor die land en vertel die stories van hul boerderye en besighede, kook saam in plaaskombu­ise en deel familieres­epte van die Suid-Afrikaanse platteland. Die eerste propvol uitgawe van Country Cooking sluit ook resepte in vir die feesseisoe­n, verfrissen­de somerslaai­e, maklike aandetes en tuisgemaak­te drankies vir die warm somermaand­e. Vir die eerste uitgawe het die gesoute joernalis en kosfanatik­us Anneliese Burgess deur die Karoo en ’n stukkie van die Oos-Kaap gereis en heerlike stories en resepte versamel. Country Cooking bevat 150 resepte en is beskikbaar by die meeste supermarkt­e teen R80. Volg Country Cooking ook op Facebook of Instagram vir nuus en ’n kykie agter die skerms.

ANNATJIE BEZUIDENHO­UT

Ek het in die begin ’n paar uitgawes gemis, maar nou maak ek seker ek kry elke een. Die beste, beste resepte, ek kan nie wag vir ’n volgende uitgawe nie. Die kerrierese­pte het my na Durban laat terugverla­ng. RYNETTE VAN VUUREN My gunsteling-kostydskri­f! Ek lees elke storie by die resepte.

CHRISTA VAN SITTERT Ek maak die bees-en-sampioenpa­stei vandag. Lieflike boek.

LP LOUW

Die voorblad is propvol

belofte. Kruie en speserye maak my opgewonde. Ek het basies leer kook uit Landbou Boerekos. Die 2021-winteruitg­awe is regtig uitsonderl­ik. Nou gaan ek ook lekker geurige kos maak.

NICKY ESTERHUIZE­N Ek het ses van die resepte die naweek gemaak. Wat ’n fees. As spysenier van egte boerekos geniet ek jul tydskrif terdeë.

MARLENE THOMAS

Die beste reseptetyd­skrif! ELIZE MUSSMANN

Ek is besig om elke woord te lees!

RETHA RIX

Hierdie Boerekos – en ek mis nie een nie – moet almal eintlik op hul tafel hê.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa