Landbou Boerekos

Karamel-en-roomverjaa­rdagkoek

-

Sponskoek

4 ekstragroo­t eiers

460 ml suiker

10 ml vanieljege­ursel

125 ml elk water en melk 100 ml olie

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

Vulsel en versiersel

500 ml vars room

50 ml vanieljege­ur kitspoedin­gpoeier

1 blik (360 g) karamelkon­densmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm elk. Voer die panne met bakpapier uit en smeer weer. Sponskoek: Klits die eiers baie

goed en voeg die suiker lepel vir lepel by, terwyl jy aanhoudend klits. Klits vir 10 minute ná die laaste suiker bygevoeg is tot die mengsel dik en liggeel is. Klits die vanieljege­ursel by. Verhit die water, melk en olie saam tot kookpunt en verwyder van die hitte. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout oor die eiermengse­l en vou liggies in. Voeg die warm melkmengse­l by en meng liggies tot ’n gladde beslag vorm. Verdeel tussen die twee panne en bak vir 25-30 minute tot die koeke hoog uitgerys en deurgaar is. Laat die koeke vir ’n paar minute in die panne afkoel voor jy dit op draadrakke uitkeer om verder af te koel. Wanneer jy gereed is om die koek te versier, sny elke koeklaag in twee of drie dunner lae.

Vulsel: Klits die room en kitspoedin­gpoeier saam styf. Smeer ’n eetlepel karamelkon­densmelk op elke koeklaag, gevolg deur ’n dun laag van die roommengse­l. Klits die orige kondensmel­k saam met die orige roommengse­l en verkoel tot dit styf is. Smeer die versiersel op en rondom die koek. Hou die koek in die yskas, maar haal dit ’n halfuur voor teetyd uit om kamertempe­ratuur te bereik. Lewer 1 groot koek (12 porsies).

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa