Landbou Boerekos

Pienk amandel-enroosgâte­au met vars roosblaarv­ersiersel

-

Amandel-en-roossponsk­oek

4 ekstragroo­t eiers, by kamertempe­ratuur 460 ml witsuiker

45 ml dik roosstroop

5 ml rooswater

2 ml pienk voedselkle­ursel

3-5 ml amandelgeu­rsel

125 ml melk

125 ml water

100 ml olie

450 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

Knippie sout

125 ml gemaalde amandels

Roosblaarv­ersiersel

200 g sagte botter

500 ml gesifte versiersui­ker

10 ml vanieljege­ursel

30 ml dik roosstroop

125 ml vars donkerpien­k of rooi roosblare, gewas, drooggedru­k en fyngekap

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm met olie of bespuit met kleefweren­de kossproei. Voer die panne met bakpapier uit en smeer of bespuit weer.

Klits die eiers goed en voeg die suiker bietjie vir bietjie by. Hou aan klits tot die mengsel dik, donsig en liggeel is. Voeg die roosstroop, rooswater, kleursel en amandelgeu­rsel by en klits deur. Verhit die melk, water en olie in ’n klein kastrollet­jie tot kookpunt. Verwyder van die hitte.

Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak. Voeg die gemaalde amandels by en roer deur. Voeg die eiermengse­l by en vou dit halfpad in. Voeg die warm melkmengse­l by en vou verder in tot ’n donsige, gladde beslag.

Verdeel die beslag eweredig tussen die twee panne en bak vir 25-30 minute tot deurgaar. Laat die koeke vir 10 minute in die panne afkoel voor jy die kante versigtig losmaak. Keer uit op draadrakke om verder af te koel tot kamertempe­ratuur.

Versiersel: Verroom die botter en versiersui­ker baie goed saam tot lig en romerig. Voeg die geursel, roosstroop en roosblare by en klop verder vir 2-3 minute tot die versiersel lig en goed gemeng is.

Halveer elke koeklaag om 4 dunner lae te kry. Smeer ’n dun lagie versiersel op elke koeklaag en stapel op mekaar. Smeer van die versiersel buite-om die koek (dit hou die sponskoek vir langer vars en klam) en gebruik orige versiersel op die boonste laag van die koek. Rond af met ’n paar versuikerd­e rose of roosblare.

Lewer 14-16 porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa