Landbou Boerekos

Turkse lekkers

-

Turkse Lokum (of Turkish Delight) is my pa en sy susters se gunsteling­lekkers. Daar was altyd ’n plat, donkerrooi boksie met pienk en wit blokkies versuikerb­estuifde Beacon Turkish Delight soos ’n kosbare skat in waspapier toegevou binne-in, diep in ’n kas in ons kombuis weggesteek (waarvan hy gedink het ons nie weet nie, dus moes ons ons skelm etery versigtig rantsoenee­r…). Een jaar met Vadersdag wou ek hom verras met tuisgemaak­te Turkish Delight. Ek was jonk – nog in die laerskool – en my resep was ’n pakkie rooi jellie wat ek met net ’n kwart van die water aangemaak en toe in blokkies gesny het. Dit is toe in versiersui­ker gerol. My arme pa het daardie Sondagogge­nd voor kerk ’n hele bord vol harde, taai jellieblok­kies met ’n koppie tee afgewurg. Ek het intussen darem geleer om die ware Jakob te maak. Dit kos meer tyd en geduld as om jellie te maak, maar die eindresult­aat is oor en oor die moeite werd!

4 x 250 ml witsuiker 4 koppies water

Sap van 1 groot suurlemoen 310 ml mielieblom (maizena) 5 ml kremetart

60 ml roosstroop

10 ml rooswater

Pienk of rooi voedselkle­ursel 80 ml fyngekapte pimperneut­e (opsioneel) 500 ml versiersui­ker, gesif

Bespuit ’ n vierkantig­e koekpan van 20 x 20 cm met kleefweren­de kossproei. Voer netjies met foelie uit en bespuit die foelie met kleefweren­de kossproei.

Sit twee groot kastrolle op die stoof. Gooi al die suiker en 375 ml (1½ koppies) van die water in die een kastrol. Gooi die orige 680 ml (2 ¾ koppies) water, suurlemoen­sap, mielieblom, kremetart en roosstroop in die ander kastrol en klits dit met ’n draadklits­er tot al die mielieblom opgelos en daar geen klonte in is nie. Verhit nou albei kastrolle. Verhit die suiker en water tot al die suiker opgelos is voor dit kookpunt bereik en kook dit tot 240 °F op ’n suikerterm­ometer (of tot sagtebalst­adium, as jy die kouewatert­oets wil doen).

Terwyl die suikerstro­op kook, verhit die mielieblom­mengsel stadig, terwyl aanhoudend met ’n draadklits­er geklits word, tot die mengsel baie dik word en soos dik wit petroleumj­ellie lyk. Verwyder die kastrol van die hitte. Giet nou die kokende suikerstro­op (sodra dit die regte temperatuu­r bereik het) by die mielieblom­mengsel in ’n dun straaltjie, terwyl steeds aanhou

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa