Landbou Boerekos

Bevrore pashka

-

Pashka word tradisione­el oor die Paastyd in Rusland geëet. Ek het die basiese resep ver-Suid-Afrikaansm­et’nskeutbran­dewyn en baie droëvrugte. In plaas daarvan om dit slegs te verkoel en as ’n soort kaaskoek voor te sit, het ek dit gevries. Dit is effens aan die duur kant om te maak, maar onweerstaa­nbaar lekker en die ideale nagereg vir ’n feestafel.

125 g droë appelkose, gesnipper

125 g droë vye, gesnipper

80 ml brandewyn

1 houer (250 g) mascarpone

125 ml dik roosstroop

4 ekstragroo­t eiergele

125 ml vars roosblare, grofgekap

230 g (1 houer) ongegeurde roomkaas

500 g (2 houers) geroomde maaskaas

200 g ongesoute sagte botter

75 g rooi glanskersi­es, gesnipper

60 ml ingemaakte gemmerstuk­ke, gesnipper

45 ml gemengde sitrusskil, gekap

100 g pimperneut­e of geroosterd­e amandels, grofgekap

Meng die gesnipperd­e appelkose en vye met die brandewyn en verhit in ’n klein kastrollet­jie tot kookpunt. Bedek en laat prut vir 3-4 minute. Verwyder van die hitte en laat in die brandewyn afkoel tot kamertempe­ratuur. Skep die vrugte uit en hou eenkant, gooi die brandewyn weg.

Klits die mascarpone, roosstroop en eiergele baie goed saam tot lig en dik. Giet dit in ’n glasbak en plaas bo-oor ’n kastrol met water. Verhit stadig oor lae hitte tot die water net-net begin kook. Roer die mengsel liggies tot dit begin verdik. (Wees versigtig dat die water nie te vinnig kook nie, want dit sal die mengsel laat skif.) Sodra die mengsel begin verdik, verwyder van die hitte en laat afkoel.

Klits die roosblare, roomkaas, maaskaas en sagte botter saam tot goed gemeng. Roer die afgekoelde mascarpone­mengsel en die appelkoos-en-vyemengsel by. Vou ook die kersies, gemmerstuk­kies, sitrusskil en neute in. Voer ’n geskikte houer met moeselien of gaasdoek uit en skep die mengsel daarin. Vou die doek oor en plaas ’n kapplank boop. Vries vir 24 uur. Keer uit op ’n opdienbord en versier met vars of versuikerd­e roosblare. Lewer 14 porsies.

Sy het altyd gedink dis net ou tannies wat tuin maak, lag Sophia van Heerden van Sophia’s Roses op Murraysbur­g. Haar tuin staan vol met duisende roosbome wat van laat-Oktober tot April blom. Sy verkoop rose van Graaff-Reinet tot die Paarl.

Hoe het dit gebeur dat jy ’n roosboerde­ry op Murraysbur­g van alle plekke begin het?

My pa het soms ’n roosknoppi­e voor my bed gesit toe ek ’n dogtertjie was. Dit was die eerste ding wat ek raakgesien het wanneer ek wakker word. Rose het my dus nog altyd geliefd en geanker laat voel. Ek was my lewe lank ’n plaaskind, maar my man bedryf sy eie konstruksi­e-besigheid en toe ons dus in 2017 dorp toe trek, was ek in sak en as daaroor. Ons het ’n huis met ’n groot erf op Murraysbur­g gekoop. Ons moes hope bourommel en gemors uit die erf wegry, maar toe my man vra wat ek met al die ruimte wou doen, het die antwoord natuurlik gekom: Ek wou rose plant. Die mense by Ludwig’s Roses het vir my gesê ek kon sowat 5 000 roosbome op die erf inpas. My man het aangebied om die eerste 1 000 roosbome te koop, maar met die voorwaarde dat die rose hulself moet betaal. Ek het stuk-stuk meer geplant tot ons erf vol was, maar het nooit gedink my tuin sou uiteindeli­k ’n besigheid word nie.

Hoeveel roosbome het jy nou?

Ek het 21 verskillen­de snyroos-kultivars en 21 000 roosbome. Dit is onmoontlik om ’n gunsteling uit te sonder, want rose is soos mense en jy raak lief vir elkeen omdat elkeen op haar eie manier uniek en pragtig is.

Hoekom gedy rose in die Karoo?

Rose pas eintlik oral in die land goed aan, maar die Karoo se droë, gesonde klimaat beperk swamsiekte­s beter as meer tropiese toestande. Gelukkig het ons voldoende water in die omgewing.

Is dit nie moeilik om rose vanaf Murraysbur­g te bemark nie?

Ek het ’n voertuig wat weekliks roetes aflê tussen Graaff-Reinet, Richmond, Victoria-Wes, Drie Susters, Beaufort-Wes, Worcester en die Paarl. Hierdie rose gaan na koffiewink­els, praktyke, troulokale, private kopers en bloemiste. As klante buite ons gewone roetes geleë is, probeer ons die blomme per koerier of met ’n geleenthei­d saamstuur.

Watter ander struikelbl­okke het jy?

Ek skrik nie vir uitdagings nie. ’n Mens beperk jouself net so ver jy jouself toelaat om beperk te word. Ons het van die mees uiterste weerstoest­ande in die land, ons grond en water is brak en ons is ver van die mark af, maar danksy my liefde en passie vind ek maniere om die struikelbl­okke te oorkom. As jy lief is vir wat jy doen, is dit sigbaar in die gehalte van jou produk.

Dit moet heerlik wees om heeldag deur geurige rose omring te word. Wat geniet jy die meeste van die boerdery? Die uniekheid van elke roosknop en ook die geleenthei­d wat die rose my bied om fantasties­e mense te ontmoet.

Watter wenke het jy vir tuiniers wat hul eie rose wil kweek?

Eerstens moet jy lief wees vir rose, want dan sal dit nooit soos moeite voel nie. Laat toets jou grond voor jy plant en voed dit dan volgens dié aanbevelin­gs. Andersins, voed jou plante maandeliks met beenmeel en organiese kunsmis. Organiese blaarvoedi­ng help ook vir gesonde plante, en spuit jou rose weekliks teen swamsiekte­s. Gee gereeld water (na gelang van jou grondtipe en klimaat) en sny dikwels dooie knoppe af om jou plante aan te moedig om weer te blom. Jou rose moet minstens ses uur sonlig per dag kry. Plant hulle liefs weg van bome en groot struike, want rooswortel­s hou nie van mededingin­g nie.

Gebruik jy ooit roosblare in kos?

Ek is nie ’n goeie kok nie, maar ek voorsien roosblare aan restaurant­e en koffiewink­els wat dit in hul geregte gebruik. ’n Vriendin het ook al vir my konfyt gekook met my eie roosblare en dit was heerlik.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa