Landbou Boerekos

Turkish Delightama­ndeljogurt­koek

-

’n Lieflike, skuldvrye en glutenvrye koek wat met amandels en jogurt gemaak word.

Stroop

325 ml kookwater

6 sakkies Carmién Turkish Delight and Rose Petal Tea

80 ml strooisuik­er

Hand vol vars aarbeie en bloubessie­s

Koek

6 eiers, geskei

200 ml strooisuik­er

200 ml dik, natuurlike jogurt Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 625 ml gemaalde amandels

Versiersel

1 houer (230 g) geroomde maaskaas

30 ml versiersui­ker

Roosblare, geroosterd­e amandels, pimperneut­e en vars bessies, om mee te versier

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer of bespuit twee losboomkoe­kpanne van ongeveer 20 cm.

Stroop: Giet die kookwater oor die 6 teesakkies en laat staan vir minstens 5-10 minute. Druk alle vloeistof uit die sakkies en haal die sakkies uit. Voeg die strooisuik­er en vrugte by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en posjeer die vrugte in die teestroop tot dit sag, maar nie pap is nie. Laat die vrugte in die stroop afkoel. Koek: Klits die eiergele en strooisuik­er baie goed saam tot lig en donsig. Voeg die jogurt en suurlemoen­skil by. Vou die gemaalde amandels versigtig in. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die voorbereid­e panne en bak vir ongeveer 30 minute, of tot deurgaar.

Laat die koeke vir paar minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit. Skep die stroop oor die koek, maar hou sowat 80 ml daarvan eenkant. Laat verder afkoel voor jy die koek versier. Versiersel: Meng die maaskaas en versiersui­ker liggies en verkoel tot benodig. Gebruik dit as vulsel en versiersel vir die twee koeklae. Rond die koek af met die orige stroop en versier met die geposjeerd­e vrugte, roosblare en geroosterd­e amandels of pimperneut­e.

Lewer 1 groot koek.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa