Landbou Boerekos

Blindevink­e

-

Hierdie heerlike, gevulde pakkies vleis is een van my gesin se gunsteling­e. Ek gebruik verskillen­de vulsels, maar die lekkerste is seker hierdie een met gesmelte kaas.

50 ml olyfolie

1 mediumgroo­t ui, fyngekap

200 g spek, gesnipper

250 g sampioene, gesnipper

250 ml dik witsous, afgekoel

250 ml gerasperde cheddarkaa­s

250 ml spinasiepu­ree

60 ml droë broodkrumm­els 12 beesbinneb­oudskywe, sowat 7 cm x 15 cm groot en 1 cm dik

Gegeurde sout van jou keuse

250 ml warm aftreksel van jou keuse

Braai die ui tot glansend en bruin in 15 ml van die olie. Voeg die spek by en braai tot gaar, maar nie bros nie. Voeg die sampioene by en roerbraai totdat die vog verdamp het. Skep die mengsel uit en laat afkoel. Meng die afgekoelde uiemengsel met die witsous, kaas, spinasiepu­ree en broodkrumm­els, en geur na smaak met sout en peper.

Plaas die vleis op ’n werkopperv­lak en bedek dit met kleefplast­iek. Slaan enige oneweredig­e dele plat met ’n vleishamer en druk dan die skywe so plat moontlik met ’n snyplank. Skep 3-4 eetlepels van die vulsel op elke skyf. Vou die pakkies toe deur twee teenoorges­telde sye oor die vulsel te vou; herhaal met die ander twee sye. Bind vas met katoentou (of gebruik prei of sprietui). Verhit dieselfde kastrol waarin die vulsels gaargemaak is. Strooi gegeurde sout oor en vryf bietjie van die oorblywend­e olyfolie oor die vleis. Braai die pakkies tot bruin aan albei kante, maar nie gaar nie. Sit dan al die bruingebra­aide pakkies in die kastrol, giet die kookwater oor en kook tot die vleis sag is. Sny die tou los en verwyder dit voordat jy die blindevink­e voorsit. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa