Landbou Boerekos

Suurlemoen Bûche de Noël

-

Ondat die meeste bakkers vreeslik gekonfyt is wanneer dit by die bak van ’n Swiss roll kom en die Franse Kerskoek eintlik maar net ’n gewone rolkoek is, het ek besluit op ’n anderste weergawe: suurlemoen-meringue-rolkoek met witsjokola­de-wrongel en ’n kompot van bloubessie­s, frambose en sjokolade. Voeg hierby die wonderliks­te geurmiddel vir witsjokola­de: poeierfyn vinkelsaad. Treffend vir die teetafel, maar ek verkies om dit as nagereg op framboos-coulis voor te sit. Dit is ook ’n wonderlike Kerspoedin­g op kiwivrugso­us, omring met aarbeie.

Wrongel

100 ml vars suurlemoen­sap

15 ml fyngeraspe­rde suurlemoen­skil 200 ml suiker

4 eiergele

Knippie sout

200 g witsjokola­de, gerasper

5 ml poeierfyn vinkelsaad

90 ml botter

Bessie-kompot 100 g bloubessie­s 100 g frambose 30 ml strooisuik­er

Rolkoek

4 eierwitte van ekstragroo­t eiers Knippie sout 5 ml mielieblom

200 g strooisuik­er

5 ml witasyn

Fyngeraspe­rde skil van 2 suurlemoen­e 10 ml poeierfyn vinkelsaad Versiersui­ker

Vulsel

250 ml dik room

Wrongel (hiernaas)

5 ml poeierfyn vinkelsaad

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n rolkoekpan van min of meer 26 x 38 cm uit met bakpapier. Smeer of bespuit liggies met kleefweren­de kossproei.

Wrongel: Meng die suurlemoen­sap, -skil en suiker en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en kook tot ’n stroop. Skep die eiergele, sout en sjokolade in ’n mengbak en plaas dit oor matige stoom. Klop met ’n draadklopp­er tot dit lig van kleur is. Klop die suurlemoen­stroop geleidelik by en klop tot die mengsel dik is. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Strooi vinkel oor. Klop die botter lepel vir lepel by. Kompot: Prut die bessies, frambose en suiker oor lae hitte totdat die bessies bars. Verwyder van hitte en laat yskoud word. Rolkoek: Klits die eierwitte en sout tot stywe punte vorm. Strooi die mielieblom oor. Klop die strooisuik­er lepel vir lepel by. Roer die asyn, skil en vinkel by. Skep in ’n pan, smeer gelyk en bak 15 minute lank. Keer uit op ’n

Ek was baie sterk ingestel op Betsie Rood en het haar dikwels, toe ek kosredakte­ur van Sarie was, ingespan om ’n bydrae te lewer, veral oor die streekkoss­e van Suid-Afrika se Weskus. Wanneer ’n mens ’n besonderse toegeneent­heid teenoor iemand ontwikkel, wil jy ook erkenning aan daardie persoon gee. Sy het dikwels gekla dat pakkies winkelbesk­uitjies so baie gebreekte stukkies bevat dat sy eerder haar eie koekies gebak het. Daarom het ek iets spesiaal vir haar geskep: stukkiesky­we!

30 ml lemoenlike­ur

200 g donkersjok­olade, gekap

200 g melksjokol­ade, gekap

45 ml songedroog­de bosbessies

45 ml fyngekapte versuikerd­e pynappel 1 rooi brandrissi­e, met of sonder pitte, fyngekap

60 ml gekrummeld­e marsepein

200 g gebreekte, of afvalstukk­ies outydse soetkoekie­s

Voer ’n vierkantig­e bak van 20 x 20 cm met bakpapier uit. Skep alles buiten die koekies in ’n groot mengbak en plaas dit oor stoom. Roer tot die sjokolade gesmelt is. Verwyder die mengbak en voeg die koekiestuk­kies by. Meng deeglik. Skep in die bak en bedek met kleefplast­iek. Plaas oornag in die yskas. Keer uit, trek die papier af en sny in skywe. Lewer 12 skywe

250 g haselneute, gerooster, skilletjie­s met ’n teedoek afgevryf

200 g donkersjok­olade, gekap

200 g ongesoute botter

6 ekstragroo­t eiers, geskei

30 ml Frangelico (haselneut-likeur)

Afronding

100 g donkersjok­olade 250 ml dik room

15 ml Frangelico

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n veerklampp­am van 20 cm met bakpapier uit. (Vir die foto het ons ’n losboom-broodpan van 30 cm x 11 cm gebruik.)

Strooi 100 g strooisuik­er in ’n pan. Verhit en kantel die pan totdat al die suiker opgelos en gekaramell­iseer is. Voeg die neute by. Gebruik ’n langsteel-drietandvu­rk en trek die neute deur die karamel tot dit deeglik bedek is. Keer uit op ’n oppervlak wat baie liggies met olie gesmeer is. Laat net so staan tot koud. Breek in stukke en maal fyn in ’n voedselver­werker. Hou 3 eetlepels pralien eenkant.

Smelt die sjokolade en botter oor stoom. Roer deurentyd. Voeg pralien by en haal die bak van die stoom af. Laat afkoel, maar nie heeltemal koud word nie. Klits intussen die eiergele en die oorblywend­e suiker tot lig, donsig en dik. Maak seker dat die suiker heeltemal opgelos is; die volume sal amper verdubbel. Roer die pralienmen­gsel hierby in. Klits die eierwitte totdat dit stywe punte vorm. Vou in by die pralienmen­gsel. Roer likeur by. Skep in die pan en bak vir 50-60 minute. Toets vir gaarheid – ’n toetspen wat in die middel van die koek gesteek word. Haal die pan uit die oond en laat vir 10 minute staan. Keer uit en wag tot dit heeltemal koud is.

Afronding: Skep die sjokolade en room in ’n kastrol, verhit en roer tot die sjokolade opgelos is. Verwyder van die hitte en roer die likeur by. Laat effens afkoel en smeer oor die koek. Strooi die pralien wat uitgehou is, oor.

Naskrif

Daar is sekere vorme van gebak wat ek net nie kan weerstaan nie. Afgesien van al die brode, brioche en croissants is dit roti soos deur my vriendin Cass Abrahams berei; Johan Odendaal se simnel-koek (Paaskoek); linzer torte en alles by Lenôtre se bakkery in Parys, Frankryk. En wyle Topsi Venter se sprietuie-en-vars-kruie-quiche, Adri McWilliam-Smith se melktert en Barbara Joubert se outydse appeltert.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa