Landbou Boerekos

Draakvrugk­aaskoek met sjokoladeb­asis

-

Sjokoladek­oeklaag

4 eiers, teen kamertempe­ratuur 160 ml strooisuik­er

80 ml kakao

60 ml koekmeel

60 ml suurroom

Kaaskoek

230 g roomkaas, teen kamertempe­ratuur 100 ml klapperroo­m

100 g witsjokola­de, gekap

160 ml draakvrugp­uree (’n mengsel van wit en pienk)

10 ml vanieljege­ursel

15 ml gelatien

30 ml koue water

250 ml room

45 ml strooisuik­er

Gesnipperd­e draakvrug en eetblare blommetjie­s, om te versier

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n stewige losboom-veerklampk­oekpan van 24 cm goed met botter. Klits die eiers en suiker baie goed saam vir ongeveer 10 minute tot dit verdriedub­bel het in volume. Sif die kakao en koekmeel oor en vou dit versigtig by die eiermengse­l in. Klits die suurroom tot glad en vou dit ook by die beslag in. Skep die beslag in die voorbereid­e pan en bak vir 20-25 minute tot deurgaar.

Haal uit die oond en laat in die pan afkoel tot kamertempe­ratuur.

Kaaskoek: Klop die roomkaas in ’n bak tot glad en sonder klonte. Verhit die klapperroo­m en witsjokola­de saam oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad is. Voeg dit by die roomkaas en klits deur tot glad. Roer die draakvrugp­uree en vanieljege­ursel by. Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan vir 5 minute om te spons. Smelt die gelatienme­ngsel in die mikrogolfo­ond (wees net versigtig dat dit nie kook nie – dit moet ’n helder, gladde vloeistof wees). Voeg die gelatienme­ngsel by die roomkaasme­ngsel en meng goed. Klits die room en strooisuik­er saam styf en vou dit by die roomkaasme­ngsel in. Skep die kaaskoekme­ngsel op die gaar sjokoladeb­asis en smeer gelyk. Bedek en verkoel oornag. Sny en sit voor as nagereg of met koffie. Lewer 8-10 porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa