Landbou Boerekos

Draakvrug-enkomkomme­rsalsa

-

’n Vars salsa van draakvrug, komkommer, kruie en suurlemoen kompliment­eer geroosterd­e witvis perfek en sorg vir ’n vars knars en ’n bietjie soetigheid op jou bord.

1 middelslag-komkommer, in die lengte gehalveer en pitte uitgeskraa­p

Halwe rooi-ui, fyngesnipp­er

1 draakvrug, geskil en in klein blokkies gesny 1 klein, groen brandrissi­e, pitte verwyder en fyngesnipp­er

10 ml fyngekapte, vars kruisement

Sap van ’n halwe suurlemoen

Sout en varsgemaal­de swartpeper

Snipper die komkommer in klein blokkies en meng dit met die gesnipperd­e ui, draakvrug, brandrissi­e en kruisement. Druk ’n bietjie suurlemoen­sap oor en geur na smaak met sout en peper. Skep in ’n nie-metaalhoue­r, bedek lugdig en verkoel tot benodig. Moenie die salsa te lank vooraf maak nie, anders sal dit van sy brosheid verloor.

Sit voor met geroosterd­e vis of hoender. Lewer 500 ml salsa. frissende vrugteslaa­i perfek vir ontbyt of selfs vir nagereg. Die vrugte wat hier gebruik word, is elkeen uiters hoog in vitamien C en ander voedingsto­wwe, en is nie net lekker nie, maar baie goed vir jou. Die kruisement­stroop verleen net daardie tikkie ekstra geur. Eet dit net so, of sit dit voor met dik volroomjog­urt en granola.

Kruisement­stroop

100 ml suiker

150 ml water

Sap van 1 groot suurlemoen

45 ml geskeurde, vars kruisement­blare

Vrugteslaa­i

1 wit draakvrug

1 pienk draakvrug

2 ryp kiwivrugte

125 ml vars frambose of bloubessie­s

Stroop: Verhit die bestanddel­e vir die stroop stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot ál die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir 3-5 minute. Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Verkoel tot benodig.

Slaai: Skil en sny ál die vrugte in hapgrootte stukkies en rangskik op ’n mooi bord. Drup ’n bietjie van die yskoue kruisement­stroop oor en rond af met ’n paar vars kruisement­blare. Sit dadelik voor. Lewer 2 porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa