Landbou Boerekos

Bros olyfbroodj­ie

-

Dié broodjie word met olyfolie én olywe gemaak. Die olie gee die brood ’n bros kors en sagte, klam krummels, en die olywe sorg vir heerlike tekstuur en soutigheid. Dit is ’n lekker broodjie om louwarm as peuselkos saam met drankies voor te sit. Of sny die brood, sit skyfies brie op en oondrooste­r dit tot gesmelt. Hemels!

600 ml witbroodme­el

12 ml kitsgis

3 ml sout

7 ml strooisuik­er

180 ml warm water

80-100 ml olyfolie

250 ml ontpitte groen en swart olywe, gehalveer

Seesout en ekstra olyfolie

Meng die meel, kitsgis, sout en strooisuik­er in ’n bak en maak ’n holte in die middel. Meng die warm water en olyfolie en voeg by die droë bestanddel­e. Maak die mengsel met jou hande aan tot ’n deeg vorm en knie die deeg vir 10 minute op ’n meelbestro­oide oppervlak tot dit glad en elasties is. Smeer ’n skoon bak met olyfolie en sit die deeg daarin. Bedek losweg met kleefplast­iek of ’n teedoek en laat rys die deeg op ’n warm plek tot dit verdubbel het in volume. Voeg nou die olywe by en knie die deeg af sodat die olywe by die deeg ingeknie word (moenie bekommerd wees as daar hier en daar ’n olyf uitspring terwyl jy knie nie – druk dit net later terug in die deeg). Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n kleinerige, reghoekige pan met olyfolie. Druk die deeg in die pan (versprei dit so egalig moontlik) en druk alle olywe wat in die bak agtergebly het, terug in die deeg. Bedek die pan en laat rys die deeg weer tot die pan goed volgerys is. Maal ’n bietjie seesout oor en drup ’n bietjie ekstra olyfolie oor. Bak die broodjie vir 20-30 minute tot goudbruin, deurgaar en bros bo-op. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa