Landbou Boerekos

Varkliesre­pies met heuningen-gemmermari­nade

-

’n Sagte, sappige, klewerige stukkie varkvleis is koningskos – én dit is maklik om te maak. Al wat jy nodig het by hierdie lekker vleis, is ’n bak lekker aartappels­laai.

Marinade

30 ml sojasous

30 ml heuning

30 ml appelasyn

1 knoffelbol, middeldeur gesny en huisies uitgedruk

3 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngeraspe­r 125 ml water

Sout en peper na smaak 8 groot gerookte varkliesre­pies

Meng ál die bestanddel­e vir die marinade saam. Pak die varkliesre­pies in ’n verseëlbar­e plastieksa­k, gooi die marinade oor, en verseël. Marineer minstens 4 uur lank, maar verkieslik oornag. Laat die repies kamertempe­ratuur bereik in die marinade voor jy dit uithaal en stadig oor matige kole braai. Geur liggies met sout en peper terwyl jy braai, en draai gereeld om te keer dat die marinade aanbrand. Sit voor met romerige aartappels­laai. Lewer 4 porsies. 1 ui, gekap

3 knoffelhui­sies, fyngekap

1 rooi brandrissi­e, fyngekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties 5 ml droë origanum

375 ml gaar, rooi nierbone

375 ml gaar botterbone

15 ml sojasous

5 ml gerookte paprika

5 ml suiker

180 ml fyngeraspe­rde cheddar 100 g brie, in klein blokkies gesny

Geur die vleis met sout en peper. Verhit die helfte van die olyfolie in ’n swaarboomp­an en braai die vleis bruin. Bedek met ’n bietjie water en verhit tot kookpunt. Prut tot sag. Skep uit en hou eenkant. Verhit die res van die olie in dieselfde kastrol. Braai die chorizo, ui, knoffel en brandrissi­e oor lae hitte tot die ui goed gekaramell­iseer is. Voeg die tamaties en origanum by en verhit tot kookpunt. Prut stadig vir sowat 10 minute en voeg die vleis, boontjies, sojasous en gerookte paprika by. Prut weer vir 10 minute en proe vir geur. Voeg die suiker by indien nodig en geur na smaak met sout en peper. Skep die bredie in ’n skottel, sprinkel die twee soorte kaas oor en laat dit smelt onder ’n rooiwarm oondrooste­r. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa