Landbou Boerekos

Soutvarkbo­ud in klapperroo­m op gekruide basmatirys

-

Pleks van die tradisione­le manier om die varkvleis in aftreksel te posjeer en dan met ’n soet glaseersel te bestryk voor dit gerooster word, het ek het heel snit oornag teen baie lae hitte in ’n geurige klapperroo­msous gebak. Die effe soet, romerige en titseltjie Oosterse geur wat dit die varkvleis gee, is onbeskryfl­ik lekker.

1 middelslag- gerookte soutvarkbo­ud ( sonder been

2 blikke (420 g elk) klapperroo­m

Water

1 heel knoffelbol, middeldeur gesny

1 duimgroott­e stuk vars gemmer, in dun skyfies gesny 5 ml heel pienk peperkorre­ls

5 ml komyn

Hand vol vars koljanderb­lare

Gekruide basmatirys

4 x 250 ml gaar basmatirys, gestoom tot lig 30 ml fyngekapte, vars koljander

60 ml fyngekapte, vars platblaarp­ietersieli­e 30 ml fyngekapte, vars kruisement Sojasous en vars suurlemoen­sap na smaak

Soutvarkbo­ud: As die soutvarkbo­ud in ’n vleisnet is, haal dit uit en sit die vleis in ’n oondvaste swaarboomk­astrol waarin die vleis knus pas, maar met genoeg ruimte om ’n deksel te kan opsit sonder dat dit aan die vleis raak. Voeg die klapperroo­m by. Maak een van die blikke vol water en voeg dit ook by. Voeg nou die knoffel, gemmer, peperkorre­ls, komyn en koljanderb­lare by en bedek die kastrol. (Die vloeistof moet die boud verkieslik heeltemal bedek.) Sit die kastrol in die oond en stel die oond op 140 °C. Bak die boud stadig vir ongeveer 6 uur of tot dit baie sag is. Haal die kastrol uit die oond en laat die boud vir minstens 30 minute in die sous afkoel. Haal die boud uit die sous en sny dun. Sit die kastrol op ’n stoofplaat en verhit die sous tot kookpunt. Kook vinnig tot die kookvloeis­tof ingedamp en dik genoeg is om as vleissous te gebruik. Giet deur ’n sif in ’n sousbeker.

Basmatirys: Meng die gaar rys met die drie soorte kruie en geur na smaak met sojasous en vars suurlemoen­sap. Skep ’n bed van die rys op ’n opdienbord. Rangskik die skywe sagte soutvarkbo­ud daarop. Bedruip met ’n bietjie van die sous en rond af met vars koljanderb­lare. Lewer 6-8 porsies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa