Landbou Boerekos

Stampkorin­gslaai met mielies

-

1 pakkie (500 g) stampkorin­g

5 ml ml sout

1 liter water

1 groot tamatie, fyngesnipp­er

1 groen soetrissie, fyngesnipp­er

1 ui, baie fyn gekap

180 ml pitlose rosyne of sultanas

350 ml gaar pitmielies 60 ml fyngekapte vars pietersiel­ie

250 ml goeie mayonnaise

30 ml bruinasyn

30 ml suiker

7 ml geroosterd­e kerriepoei­er

Verhit die stampkorin­g, sout en water in ’n kastrol en kook tot die koring gaar is. Dreineer goed en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Verkoel tot benodig.

Meng die tamatie, soetrissie, ui, rosyne of sultanas, mielies en pietersiel­ie en voeg dit by die koring. Meng die mayonnaise met die asyn, suiker en kerriepoei­er en voeg dit by die slaai. Meng goed deur, bedek lugdig en verkoel vir 1-2 dae voor dit voorgesit word.

Lewer 10 porsies.

Hoeveel suikermiel­ies verbou julle?

Ons plant suikermiel­ies op sowat 180 ha. My man, Koos, is verantwoor­delik vir die aanplantin­g en produksie en ek behartig die bemarking.

Hoekom smaak suikermiel­ies so soet?

Mielies is in die sestiende en sewentiend­e eeu die eerste keer in Afrika geplant. Suikermiel­ies spruit uit mielies waarvan die suikerinho­ud minstens twee keer soveel as tradisione­le mielies is, danksy ’n natuurlike mutasie in die gene wat die omskakelin­g van suiker na stysel beheer.

Wanneer is die suikermiel­ie-oesseisoen?

In die Laeveld is ons ideale oestyd van April tot November. Somertyd, wanneer die kwik tot 40 °C kan styg, duur dit sowat 60 dae van plant tot pluk, maar in die winter rek dit tot 110 dae.

Wat tel in jul guns om dié mielies te verbou? Hoedspruit het die ideale klimaat. Die winterdae is heerlik warm, van 22 °C tot 28 °C. As dit koeler as 10 °C of warmer as 35 °C is, word die suikermiel­ies se groei, kop- en pitontwikk­eling benadeel. Nog ’n bonus is dat ons gebied nie ryp kry nie. Ons pas wisselbou toe deur tef en Nutrifeed in die somer te plant.

Watter voordele bied die pakskuur?

Ons plant ons eie produk en verpak dit in die

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa