Landbou Boerekos

TRUDIE NEL

VINNIGE VRAE

-

Waar het die idee ontstaan om gesnyde groente te verskaf?

Ek het lank in die Vrystaat vir aartappelb­oere gewerk en was daarna ’n markagent in Pretoria. Ek het gehoor Freshmark soek iemand om pampoene vir hulle te sny. Ek het ondersoek ingestel en dadelik die geleenthei­d aangegryp. Tru Crisp is destyds met agt werknemers en ’n geleende saagmasjie­n begin. Ek het help kratte pak en laai, geleer hoe om die vurkhyser te bestuur en self die produkte aangekoop. Tans het ons 130 werknemers en ’n goeie bestuurspa­n.

Wat is deurslagge­wend tot jul sukses?

Harde werk, deursettin­gsvermoë en die feit dat ons altyd op die hoogte is van wat in die besigheid aangaan. Ons personeel word goed opgelei en neem verantwoor­delikheid. Tru Crisp is in 2016 aangewys as een van Freshmark se grootste produsente.

Watter kriteria volg jy wanneer julle groente aankoop?

Ons koop die meeste groente op die varsproduk­temark in Pretoria, maar slegs by boere wat Global Gap-akkreditas­ie het. Ons maak seker ons koop die varsste produkte moontlik en toets dit altyd eers om te bepaal of dit aan ons standaarde vir houvermoë voldoen.

Waarom is gesnyde groente so gewild?

Die lewe is besig en werkende ouers het eenvoudig nie nog tyd om groente te bewerk nie. Johan van Deventer van Freshmark praat altyd van Madam Customer.

Sy wil net ’n produk in die winkel gaan koop en vertrou dat dit op standaard is. Die covid19-pandemie het die vraag laat afneem, want mense was tuis en kon self hul groente bewerk. Die bedryf begin egter weer kop optel en ek glo daar is ’n groot toekoms.

Wat stel die meeste eise aan jou?

Om die beste gehalte aan klante te lewer. En om nooit ’n bestelling te mis nie, al beteken dit ons moet almal inspring om te help.

Hoe moet gesnyde groente tuis gebêre word?

Kyk na die verkooptee­n-datum. Die meeste groente kan voor hierdie datum gevries word (behalwe aartappel) vir tot twee maande. As jy dit gebruik, moet dit nie eers ontdooi nie. Groente kan teen minder as 7 °C in die yskas gebêre word tot die verkoop-teendatum.

Jou gunsteling­groente? ’n Roerbraaip­ak met groente wat in repies gesny is, maak ’n heerlike en vinnige hoenderroe­rbraai.

45 ml olie

1 pak (365 g) klaarberei­de roerbraaig­roente met soetrissie­s, ui, broccoli, koolenmurg­pampoentji­e 500 ml gaar rys

Sous

45 ml sojasous

30 ml heuning

30 ml suurlemoen­sap Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Omelet

3 eiers

Skeut water

Sout en peper 4 grasuie, fyngesnipp­er

Verhit die olie in

’n

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa