JANINE HONIBALL
VINNIGE VRAE
Hoekom boer jy met kruie?
In 2018 het my gesondheid vereis dat ek alle kleur-, geur- en preserveermiddels vermy. Kruie was die antwoord as alternatiewe geurmiddel. In 2018 het La Vie Kruie as my stokperdjie begin, maar dit het baie gou uitgebrei tot ’n volwaardige besigheid. Die Vrystaat se warm, droë klimaat is geskik vir kruieproduksie. Ons boer in mini-tonnels met wit skadunet. Ons plaas is ook langs die N1-snelweg geleë, wat vervoer vergemaklik.
Hoeveel kruie produseer julle?
Ons het 5,2 ton kruie binne tien maande gelewer. Hou in gedagte dat die sakkies waarin ons die kruie verpak, maar 20 g en 40 g weeg! Koljander, kruisement, pietersielie, basiliekruid, spinasie en babaspinasie is ons grootste produklyne. Franse grasuie, tiemie, Italiaanse pietersielie, roket en oreganum is ook baie gewild.
En die kruieplante wat julle aan Freshmark lewer?
Living Herbs is kruie wat in potjies geplant word en as groeiende plante verkoop word.
Die verbruiker kan dus na willekeur kruie afsny. Dit is baie gewild, want mense kan dit ook dadelik uitplant as hulle wil.
Watter kruie lê jou na aan die hart?
Salie is beslis my gunsteling, veral as dit in botter gebraai en met gnocchi voorgesit word. Vars
voldoen ook aan voedselveiligheidsvereistes.
Vertel meer oor die slaaistrooisels wat jy maak?
Dit word gemaak van ’n verskeidenheid geroosterde sade en neute wat met speserye gegeur word. Dit kan oor ’n slaai of groente gestrooi word, of as ’n snoephappie geniet word. Freshmark het my genader om dit vir hulle te ontwikkel. Dit was ’n wonderlike proses saam met ’n fantastiese span.
Wat geniet jy die meeste van jou onderneming?
Ek is geëerd dat ek werk kan skep vir soveel mense.
Raad vir ander vroueentrepreneurs in die voedselbedryf?
Staan vas, moenie moed opgee nie en glo in jou passie.
Watter produk in die reeks is jou gunsteling?
Sjoe, hoe kies jy watter kind is jou gunsteling?!
nie sommer afwesig nie. Die vroue is noukeurig en gee aandag aan die fyner besonderhede wanneer hulle met die produkte werk.
Wat is jul grootste probleme? Produksiekoste wat bly styg, onvoorspelbare elektrisiteitsvoorsiening, die skommelende wisselkoers en die droogte.
Wat is die beste manier om soetrissies te bêre nadat ’n mens dit gekoop het?
As jy die raklewe wil verleng, moet soetrissies in die yskas gehou word ná dit gepluk is. As jy dit in ‘n sakkie koop, hou dit liewer ook in die verpakking.
Gebruik jy graag soetrissies in die kombuis?
Ja, ek sny dit op vir slaaie of vul dit met allerlei lekkernye en bak dit in die oond.
Dit is ook heerlik in bredies, veral hoender à la king. Nog ’n lekker gereg is om soetsuur soetrissies saam met varktjops voor te sit.