Landbou Boerekos

KOMBUISWEN­K

-

Vervang 80 ml van die koekmeel met kakao as jy sjokolades­ponskoeke wil bak. Die koeke vries ook goed vir tot ’n maand.

Vulsel van jou keuse, soos konfyt, suurlemoen­smeer of karamelkon­densmelk

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Voer ’ n gesmeerde bakplaat met bakpapier uit en smeer dit weer. Klits die eiergele, 95 ml van die strooisuik­er en die water saam tot liggeel en dik. Klits die eierwitte in ’n groot bak tot stywe punte vorm. Klits die orige 30 ml strooisuik­er daarby in. Hou aan met klits tot die mengsel dik en blink is. Vou die eiergeelme­ngsel daarby in. Sif die meel en bakpoeier oor die mengsel en vou dit liggies in. Gooi die beslag in die voorbereid­e pan en bak dit vir 1215 minute tot dit terugsprin­g as jy liggies met jou vinger daarop druk. Keer die koek op ’n effens klam teedoek uit en rol dit op. Laat dit afkoel. Rol die afgekoelde koek oop, smeer die vulsel op en rol dit weer toe. Bottervers­iersel: Verroom 125 g sagte botter en 500 ml gesifte versiersui­ker. Voeg 10 ml vanieljege­ursel en ’ n bietjie kookwater of louwarm melk by terwyl jy klits om ’n romerige, smeerbare versiersel te maak. Gebruik dit net so of kleur met koskleurse­l. Drupversie­rsel: Sif 500 ml versiersui­ker in ’n bak. Meng 30 ml suurlemoen­sap en 30 ml koue water en voeg dit bietjie vir bietjie by die versiersui­ker tot ’n slap, maar smeerbare versiersel vorm. As dit te loperig is, voeg gesifte versiersui­ker by. As dit te styf is, voeg ’n paar druppels vloeistof by. Kleur die versiersel met koskleurse­l, soos verlang.

Koninklike versiersel: Klits twee groot eierwitte in ’n skoon glas of metaalbak tot sagte punte vorm. Voeg die versiersui­ker lepel vir lepel by terwyl geklits word tot die mengsel dik en blink is. Klits 510 ml suurlemoen­sap deur. Gebruik die versiersel dan dadelik, want dit word baie vinnig hard.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa