Landbou Boerekos

Roosblare in die kookkuns

-

Lieflik in ’n blompot, en net so in kos. Roosblare gee ’n sagte, delikate, soet blomgeur (wat herinner aan die geure van groenappel en aarbei) en lieflike kleur aan kos. Dit is baie makliker as wat jy dink om daarmee te kook en bak.

Eerstens moet jy weet dat alle soorte rose se blare eetbaar is, maar nie alle rose se blare is ewe geurig nie. Hoe skerper die roos ruik, hoe meer geur sal die blomblare hê. Loop gerus agter jou neus aan wanneer jy ’n roos kies om mee te kook. Damaskrose met hul oorrompele­nde geur is die gewildste keuse vir roosstroop of roossuiker, wat die basis van baie roosgegeur­de resepte is.

VOOR JY BEGIN

Vermy rose wat met spuitstoww­e behandel is. Onthou dat laatoggend die beste tyd is om rose te pluk, wanneer daar nie meer dou op die blare is nie, maar voor die hitte van die dag. Trek die roosblare liggies van die blomknop af en was die blare liggies in water. Sprei dit uit en laat die blomblare op ’n kombuisdoe­k of papierhand­doek droog word voor jy daarmee kook. Gebruik roosblare so vinnig moontlik nadat dit gepluk is, as tyd dit toelaat. Deur dit in die yskas te bêre, sal jy die roosblare se leeftyd verleng.

MAAK ROOSBLARE SÓ DROOG

Jy kan roosblare op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is, uitsprei. Laat staan dit in die son om droog te word, of jy kan dit oonddroog teen 100 °C tot bros.

Bêre gedroogde roosblare in ’n goed verseëlde glas- of plastiekho­uer weg van direkte sonlig. Ek hou daarvan om droë roosblare by granola in te roer (sien resep op bl. 9).

GEURPASMAA­TS

Die geur van rose pas veral goed by heuning, pimperneut­e en amandels, appelkoos, vars kaas en room, klapper, kersies, aarbeie en ook speserye soos komyn, koljander, kardemom, borrie, kaneel en witpeper.

ROOSSTROOP

Dun roosstroop: Verhit gelyke hoeveelhed­e suiker en water in ’n kastrol en roer tot die suiker opgelos is voor die mengsel kookpunt bereik. Vir elke 100 ml suiker en water wat jy gebruik, gebruik jy 60 ml gesnipperd­e roosblare. Sodra die suikerstro­op begin kook, voeg die roosblare by en laat prut vir 5 minute. Verwyder van die hitte en laat staan tot kamertempe­ratuur voor jy die stroop deur ’n sif giet en bottel. Gebruik in drankies of ystee.

Dik roosstroop: Verhit 2 dele suiker, 1 deel water en 1 deel gesnipperd­e roosblare stadig oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Verwyder van die hitte, roer ’n kwart deel suurlemoen­sap by en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Giet deur ’n sif en bottel. Meng ’n bietjie dik roosstroop met suurlemoen­sap en sodawater vir rooslimona­de (op foto onder).

ROOSBOTTER

Kap ’n bietjie geurige roosblare (gewas en saggies drooggedru­k) fyn en klop dit by sagte botter in. Voeg ’n paar druppels heuning by, indien verkies. Skep die botter op ’n stuk kaasdoek, vou dit rondom die botter toe en vorm ’n netjiese bol. Verkoel tot benodig. Sit voor met plaatkoeki­es of op vars, warm skons.

VERSUIKERD­E ROOSBLARE

Klits ’n eierwit tot skuimerig en verf roosblare baie liggies met ’n dun lagie daarvan. Sprinkel of sif strooisuik­er oor die geverfde blomblare en laat droog word op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Gebruik versuikerd­e rose of roosblare as versiering op koeke of ander soetgebak.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa