Landbou Boerekos

STEF STEPHAN

VINNIGE VRAE

-

AARTAPPELB­OER

Jul familie boer al sedert 1965 met aartappels. Hoekom konsentree­r julle op dié gewas?

In die ou dae het boere meer gemengde boerderye bedryf, maar my pa-hulle het agtergekom die Sandveld se sandgrond leen hom veral tot aartappelb­oerdery. Mettertyd het die ander gewasse minder geraak, hulle het skaalvoord­ele met aartappels ontgin en later ook moere begin kweek.

Hoekom is die Sandveld se aartappels so besonders?

Ek dink ons produseer aartappels van die beste gehalte in Suid-Afrika, want dit is baie skoon en wit aartappels.

Is daar iets wat teen julle tel?

Ons reënval is laag en ons het nie die luukse van somerreën nie, daarom moet ons besproei. Ons grond is ook armer, dus is die voedingsto­wwe laag. Daarom is ons kunsmispei­le hoog.

Hoe kry julle dit reg om regdeur die jaar aartappels te produseer?

Geen ander streek in die land kan dit regkry nie, en ek dink daar is min ander plekke in die wêreld wat dwarsdeur die jaar aartappels kan produseer. Ons familiegro­nd, die plaas Compagnies­drift, lê naby Paleisheuw­el, maar ons boer ook teen die Weskus, naby Dwarskersb­os en Aurora. Nader aan die kus is dit heelwat koeler en die nagte koel ook lekker af. In ons kusstrook is die maksimum

Stef St f Stephan St h i is di die derde geslag van die Stephan-familie wat met aartappels boer by Stephan & Seun-boerdery in die Sandveld

— ook Freshmark se Verskaffer van die Jaar vir 2023. By Stef is sy hond, Roxy.

afstand van die see af 15 km — daarom kan ons regdeur die jaar aartappels verbou.

Volg julle ’n spesiale wisselbous­telsel?

Ons plant net elke vierde jaar op dieselfde grond aartappels, maar ons probeer so gou moontlik iets in die grond kry ná die aartappels uitgehaal is. Dan plant ons enige graangewas, van gars tot korog of hawer, want ons wil te alle tye bedekking op die grond hê om winderosie te voorkom. Dit is ’n groot faktor in die sanderige grond.

Wat is jou allergunst­eling manier om aartappels te geniet?

Dit klink eenvoudig, maar min geregte klop aartappelw­iggies in die skil, met ’n bietjie olyfolie en sout, wat in die lugbraaier berei word.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa