Landbou Boerekos

CATHERINE SMUTS

VINNIGE VRAE

-

BESTUURDER Met watter soort uie boer julle?

De Keur-boerdery plant jaarliks 200-220 ha uie, spesifiek die Kaapse bruinui (95%) en die rooi-ui, wat ’n nisproduk is. Uie is ons grootste vertakking naas appels en pere. Ons boer ook met steenvrugt­e, bloubessie­s en kersies.

Plant julle saailinge?

’n Deel van die uiesaailin­ge wat ons plant, kweek ons self op een van ons plase in die Wolseley-omgewing. Die res koop ons aan. Die uiesaailin­ge word op drie van ons plase in die Koue Bokkeveld geplant.

Waar is jul vernaamste markte?

Al die uie word in ons pakskuur op die plaas Rocklands verpak. Ons berg ook sowat 10 000 kratte uie in koelkamers op wat van Mei tot Augustus verpak word. Dit word hoofsaakli­k aan Freshmark bemark, volgens sy weeklikse behoefte. ’n Kleiner deel van die oes word uitgevoer of op plaaslike markte verkoop.

Hou pryse darem tred met stygende boerderyko­ste?

Die uieprys is baie wisselvall­ig. Tans is die prys op dieselfde vlak as wat ons in 2018 en 2022 gekry het. Hierdie huidige prysvlakke maak dit moeilik om die stygende produksie- en verpakking­skoste te dek, Catherine Smuts is die hoofbestuu­rder van die bemarkings­afdeling van De Keur, ’n familieboe­rdery in die Wes-Kaap wat al sedert 1934 bedryf word.

waarvan die stygings baie meer as die nasionale inflasieko­ers is.

Met watter produksies­treke ding julle mee?

Die Ceres-distrik, waaronder die Koue Bokkeveld val, lewer besonder mooi, donkerbrui­n uie op wat die res van Suid-Afrika nie kan produseer nie. Dit is ons mededingen­de voordeel. Ons gebied bemark uie van Januarie tot Augustus, en in Januarie tot Maart oorvleuel ons met die Noord-Kaapse produksie. Gautengse produksie het gewoonlik eers aan die einde van ons seisoen die mark betree, maar hulle plant deesdae vroeëre kultivars, wat beteken ons ding nou van middel Maart af met hulle mee.

Maak julle graag kos met uie?

Ja, in die somer is ons lief daarvoor om ’n Mexikaanse salsa met rooi-uie te maak wat ons in wraps saam met hoender, lam of vark en guacamole voorsit. In die winter is Franse uiesop ’n groot gunsteling.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa