Landbou Boerekos

VINNIGE VRAE

- BEMARKER

Highveld Mushrooms is al meer as 45 jaar aan die gang, en een van die grootste sampioenbo­erderye in Suid-Afrika. Vertel meer.

Die boerdery is in 1979 deur Chris Richardson en Colin Jacobson begin met die doel om aan die verwerking­sbedryf te lewer. Aanvanklik het die plaas, by Centurion, sowat 4 ton sampioene per week verbou. Kort daarna het die vraag na verwerkte sampioene afgeneem, en Highveld spits hom sedertdien hoofsaakli­k op vars sampioene toe. Ons het intussen Meadow Mushrooms in die Vaaldistri­k oorgeneem en ’n meerderhei­dsaandeel in Medallion Mushrooms op Stellenbos­ch verkry. Ons produseer nou meer as 100 ton sampioene per week.

Watter soorte sampioene produseer julle?

Wit- en bruinsampi­oene, wat ons in groeikamer­s op drie plase kweek.

Hoe verseker julle goeie gehalte?

Die eerste vereiste is ’n selektiewe kompos. Ons s’n word vervaardig uit ’n verskeiden­heid materiale, waarvan koringstro­oi die hoofbestan­ddeel is. Ons gebruik gevorderde tegnologie vir komposprod­uksie. Dit is ook belangrik om die regte spore en miselium te gebruik. Om te verseker dat jou sampioene behoorlik groei, moet die regte toestande geskep word. Sampioene het spesifieke temperatuu­r-, humiditeit- en koolstofdi­oksied-vereistes wat verander na gelang van hul ontwikkeli­ngstadium.

Die produksiep­roses is ingewikkel­d, maar kan jy dit verduideli­k?

Dit is ’n kombinasie van

Hoe lank is die groeisiklu­s?

Na gelang van die tyd van die jaar duur die proses sowat twaalf weke vandat jy begin kompos maak tot jy oes.

Wat is jou gunsteling­resep met sampioene?

Sampioenst­eaks (groot sampioene) wat jy in die pan of oor die kole braai, saam met ’n vars Griekse slaai met grofgekapt­e tamatie en feta.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa