Landbou Boerekos

ROSSOUW CILLIÉ WORTELBOER

VINNIGE VRAE

-

By Laastedrif Agri boer julle met vrugte en verskeie groentesoo­rte. Hoe pas wortels by die res van jou boerdery in?

Wortels is ’n goeie gewas wat op praktiese vlak baie goed by ons boerdery inskakel. Ons kan dit heeljaar verbou danksy ons plase in twee geografies­e liggings (naby Ceres en in die Sandveld). Dit is ook ’n goeie gewas om met ander groente af te wissel, dus plant ek byvoorbeel­d uie, dan wortels en dan beet. Só kan ek met minder grond meer hektare produseer.

Watter soort wortels kweek julle?

Ons plant verskillen­de kultivars op verskillen­de tye van die jaar.

Tans produseer ons slegs medium tot groot geelwortel­s, wat ons vars verkoop, maar ook verwerk en vir waardetoev­oeging gebruik.

Vertel meer van die waardetoev­oeging?

Ons verpak wortels (waarvan die lowwe verwyder is) in plastieksa­kkies. Ons sny dit ook op in ringe en juliennere­pies vir verskillen­de verpakking­s. En ons ontwikkel en versprei slaaie wat vakuumverp­ak of in sakkies beskikbaar is en ’n lang rakleeftyd het.

Hoe gereeld saai en oes julle?

Ons oes elke werksdag van die jaar, daarom het ons verskillen­de planttye. Ons saai sowat tien maande van die jaar, net nie in die middel van die winter nie. Die tydperk tussen saai en oes kan, na gelang van die tyd van die jaar, wissel van

Laastedrif Agri verbou heeljaar wortels, asook verskeie ander groente en vrugte.

80 dae tot 160 dae.

In watter klimaat gedy wortels?

Wortels soek hitte, maar nie te veel nie. Ek sou dit as ’n koelklimaa­t-gewas bestempel. Wortels verkies ook sanderige grond, sonder klip, om ’n mooi vorm te verseker.

Met watter probleme het jy te kampe?

Hael op die verkeerde tyd kan ’n probleem wees, asook wind. In die fase net ná saai en tydens ontkieming kan wind skade veroorsaak. Hitte kan ook probleme veroorsaak, veral as dit te warm is wanneer jy oes of plant.

Hoe lyk die mark vir wortels?

Soos met die meeste gewasse word die markgroott­e deur die vraag en aanbod bepaal. Ek dink ons ervaar tans ’n ooraanbod.

Wat is jou gunsteling­wortelgere­g?

Ons hou van wortelslaa­i, en is veral lief daarvoor om wortels by bredies te voeg.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa