Landbou Boerekos

NABEEL BRINKHUIS RADYSBOER

VINNIGE VRAE

-

Hoekom is radyse deel van jul boerdery?

Ons het nie groot landerye nie, en konsentree­r op gewasse wat vinnig groei. Radyse staan net drie tot vier weke op die land voor jy oes, en weer kan plant. Ons omset is dus baie gouer. Groente is die ideale gewas vir die Philippi-omgewing, want die wortelstel­sels groei beter in die gebied se sandgrond. Die klimaat is ook geskik, want dit is koeler by ons omdat ons naby die see geleë is.

Hoe het jul boerdery ontstaan?

Ons het twintig jaar gelede met lêhenne begin boer en toe uitgebrei na groente. Aanvanklik het ons die plaaslike markte voorsien, maar lewer nou al dertien jaar groente aan Freshmark, en verkoop ons eiers aan Nulaid. Ons kweek heeljaar dhania, radyse, pietersiel­ie en gemengde krulkool. In die winter maak ons soppakke vir Freshmark wat uit verskeie groente bestaan.

Wanneer is die seisoen vir radyse?

Dit is eintlik ’n somergewas, maar ons verbou dit ook in die winter.

Dan duur dit sowat sewe weke vandat ons gesaai het tot ons kan oes. In die somer kan ons goedkoper saad koop, maar van April af moet ons hibriede saad aanskaf,

Nabeel a ee Brinkhuis, rn van Chamomile Enterprise­s, bedryf ’n familieboe­rdery saam met sy ouers en broer in Philippi op die Kaapse Vlakte.

wat duurder is, maar dit aard beter in die winter.

Hoe bemark julle?

Ons was die radyse liggies en verwyder die lowwe, voor ons dit in 100 g-pakkies verpak. Hoender- en konynboere kom haal graag die lowwe vir hul diere.

Wat is jul probleme?

Beurtkrag en kabeldiefs­tal. As ons drie, vier keer per dag beurtkrag het, sukkel ons om water uit die boorgate te kry om die groente te besproei. As ons kabels gesteel word, is ons dikwels ’n dag of twee sonder krag. Omdat ’n radys net ’n paar weke groei, plaas dit die plant onder groot druk as hy lank sonder water moet klaarkom.

Hoe eet julle radyse?

Ek maak meestal slaai, met kropslaai, radyse, rooi-uie en soetrissie­s. My skoonma is Indies, en sy maak heerlike kerries met radyse.

|

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa