Landbou Boerekos

JOHAN SMIT DIREKTEUR

VINNIGE VRAE

-

Hoe groot is die turksvybed­ryf in SuidAfrika?

Na raming is daar minder as duisend plase waar turksvye kommersiee­l verbou word. Daar is sowat 4 500 hektaar onder produksie, maar die meeste word gebruik vir veevoer. Slegs sowat 1 500 hektaar is vir vrugteverb­ouing.

Waar is die produksies­treke?

Turksvye het meer as 300 jaar gelede hul pad uit die semi-woestyngeb­iede van Sentraal- en Suid-Amerika, veral Mexiko, na Suid-Afrika gevind. Dit word sedert die laat 1700’s in die Wes-Kaap geplant as plaasomhei­nings. Turksvye kan droogte verduur en aard dus in die droër dele van Suid-Afrika, veral in goed gedreineer­de sandgrond met ’n hoër suurinhoud.

Waarvoor word turksvye alles gebruik?

Die hele plant is nuttig. Dele daarvan word opgekap vir veevoer (100 kg opgekapte turksvypla­nte kan glo 25 skape per dag aan die gang hou), die vrugte word as lekkernye bemark en in sap, konfyt, jellie en selfs piekels gebruik. Deesdae word selfs bier, wyn en likeur van turksvye gemaak. Turksvy-olie word in die kosmetiekb­edryf as gesigroom gebruik en vir salf om brandwonde te behandel.

Wanneer breek die seisoen aan?

In Suid-Afrika begin dit teen Desember en duur

Johan Smit is direkteur van Farmwise Cape, wat onder meer turksvye aan Freshmark lewer.

tot einde Junie. Die heldergeel en oranje blomme verskyn vanaf November. In goeie reënjare kan daar ’n tweede blomsiklus wees, met ’n tweede drag vrugte.

Is daar baie kultivars?

Daar is meer as veertig erkende, byna doringlose kultivars in SuidAfrika beskikbaar. Die meeste Suid-Afrikaners ken die Morado-kultivar, met sy mooi groen vrugte. Ons verbou ook goudgeel, ligpienk en helderoran­je kultivars.

Hoe geniet jy ’n turksvy?

Die beste is ’n yskoue turksvy, wat ’n gesonde peuselhapp­ie is. Vir iets interessan­ters, maak bevrore jogurt met aarbeie en turksvye, kook konfyt of maak turksvylim­onade.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa