Landbou Boerekos

FRANCOIS VORSTER PIESANGBOE­R

VINNIGE VRAE

-

Julle boer met ’n verskeiden­heid gewasse. Hoe belangrik is die piesangs?

Piesangs is ’n kleiner vertakking van ons boerdery, maar belangrik vir kontantvlo­ei omdat ons regdeur die jaar oes en ’n inkomste daaruit verdien.

Met watter soort piesangs boer julle?

Ons verbou Cavendisht­ipe piesangs, soos Williams en Grand Nain.

Wanneer pluk julle piesangs?

Sowat twee derdes van ons piesangs word in die somer geoes, die res in die winter. Ons siklusleng­te – van die een tros tot die volgende – is sowat 13 tot 15 maande. Só ’n tros lewer ongeveer twee kartonhoue­rs van 18 kg elk se eerstegraa­dvrugte. Die tweedegraa­dvrugte verkoop ons aan die smousmark. Ons verkoop weekliks op die varsproduk­temarkte onder die Mala-Malahandel­smerk.

Waarom is rypmaakkam­ers belangrik?

Jy kan ’n piesang nie sommer van die boom af pluk en geniet nie. Die uitgesweld­e vrugte moet drie tot vyf dae lank in ’n temperatuu­r-gereguleer­de rypmaakkam­er met ’n natuurlike gas, etileen, behandel word.

Francois Vors Vorster er is s deel e van die Mahela-boerdery by Letsitele, waar die Vorster-familie onder meer met piesangs boer.

Hoekom word die trosse aan die bome met plastieksa­kke toegemaak?

Dit dien as sonskerm vir die piesangs en skep ook ’n mikroklima­at rondom die trosse om ’n klein bietjie te ontwikkel.

Hoekom het so ’n groot deel van die bedryf oor die grens na Mosambiek geskuif?

Die boerderysi­klus is korter en produksiek­oste laer as in Suid-Afrika. Die Mosambieks­e bedryf knou dus Suid-Afrika se piesangbed­ryf. Piesangs is ook minder winsgewend as avokado’s en makadamias, dus het talle plaaslike boere piesangpla­ntasies daarmee vervang.

Wat is jou gunsteling­manier om piesangs te eet?

Ons familie eet graag piesangbro­od, maar ek hou die meeste van ’n vars piesang wat net-net ryp is.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa